Pret en sukses tydens Vrouedag vir Hoop
Die Vrouedag vir Hoop op Saterdag 9 Oktober is goed ondersteun deur die sowat 300 stappers, drawwers en bergfietsryers.
Dit het by die Gustav Klingbiel Natuurreservaat, net buite Lydenburg, plaasgevind. Deelnemers moes saam met hul inskrywingsgeld ook sanitêre produkte bring vir organisasies sonder winsoogmerk. Die organiseerder, Charlene Coetzee van Terra Events, sal oor die volgende paar weke die produkte aan die geoormerkte organisasies uitdeel. Tydens die opening is ‘n minuut van stilte vir slagoffers van Covid-19 gehou. Jan Venter het duiwe vrygelaat om dit te simboliseer.

Suksesvolle dae soos hierdie kan nie plaasvind sonder borge en ondersteuning nie. Coetzee bedank graag die volgende mense en instansies: Die Thaba Chweu Plaaslike Owerheid vir die gebruik van die Gustav Klingbiel Natuurreservaat, Coastal Hire, PostNet, Mpumalanga Printers, Aqua Terra Guest House, Jan Venter vir die duiwe, ds. Antoinette Wilson, NG Kerk Lydenburg-Suid, Volle Evangelie Kerk, Lewende Woord, Hebrew Coffee, Carol Peters met Sweet Little Moments, Bianca Booyens vir klank, Sonette Booyens vir foto’s, Jacobus Pretorius, Almari Jansen van Vuuren, Sindy Nagel, Stephane Celliers, Abigail Wilson, Natasha Matthee, Toyota Knights, Morgan Nissan, Michelle de Beer, Mamaria Beskuit, Blacksmith Coffee, Trent Sinclair, Kobus Broekman (Steenekamp Broekman Prokureurs), BeYoutiful, Duet Spa, Team Panorama Tupperware, T’s & Things, Des Jacobs Photography, The Pilates Place, Wealthsure, Longtom Cycle and Sport, The Nappy Co, M&E Beautique, Lien Katrien, Mostertsaad Petting Zoo, Longtom SUPERSPAR, Tanya Munnik met Avon & Justine, Imbali Garden Centre, Rietfontein Verpakking, Organo Gold, Acorn Kids, Fixation, Aloe Ferox, Angelique Fourie Perfume, Longtom Timber & Turf, Linelle Watermeyer met Herbalife, Goudster Naskoolsentrum, Kapsel Haarsalon, Fitness Fanatics, Ernest Coetzee vir die roetes en skoonmaak, Hennie Louw, Ronald Watson, JP Celliers, Michelle Boshoff vir haar bemarking in die dorp, Steelburger/Lydenburg Nuus, Ziyanda Magagula en Sibantu African Arts57.




















