Local newsNews

‘Lenie Blou’ weerklink by Blue Moon

Die Ruiters van die Kaap-toer het by Blue Moon die Laevelders weer eens daardie verslawende proe van Spoegwolf gegee.

Spoegwolf se toer het in Johannesburg afgeskop voor hulle die pad na Mbombela gevat het.

Dit is egter nie net dié groep wat deel van die Blue Moon-been van die toer was nie. Die plaaslike groep, Apollo, het ‘n bietjie metal tot die dag verleen, waarna Bad Peter gesorg het vir akoestiese klanke wat die siel gevoed het, en toe is die wolwe aan die beurt.

Liz Bartie, Aliska van der Merwe, Tanya Uys en Cathlin Hepburn.
Vaatjie Botha, Cari Smith, Aneska Smit en Alexander Smith.

Die skare was daar vir elke oomblik en elke liriek; een aanhanger het dit selfs reggekry om op die verhoog, reg langs die hoofsanger, Danie du Toit, te beland, en het uit volle bors sy mikrofoon met hom gedeel.

Antonie Jordaan en Vicky Field.
Janke Slabbert en Desmond Botha.

LEES OOK: Langnaweek beteken groot sakebedrywighede vir vlooimark

Die hoofsanger het oudergewoonte van die verhoog afgetree en die skare het hom op die hande gedra – letterlik.
Na Spoegwolf was daar ‘n effense breuk, waarna Synth Peter die skare aan die dans gekry het.

Die Ruiters van die Kaap-toer is volgende in Benoni op 27 November te sien, en daarna in Pretoria op 4 Desember.

Die lede van Apollo, Simon de Goede, Fred van Heerden, Victor Erasmus en Joshua Beuster.
Annelize Oosthuyzen, Adri Kriel en Elané Kriel.
Bianca Landsberg en Rudi Botha.
Jaco Jansen van Vuuren en Elsje van Zyl.
Nicoline en Elandi Cooper, en Stephnie Smit.
Alwyn Bekker en PG Badenhorst van Bad Peter.
Danie du Toit en Hiram Koopman van Spoegwolf.
‘n Passievolle aanhanger het Danie du Toit se mikrofoon met hom gedeel totdat sekuriteit haar van die verhoog af begelei het.
Danie du Toit van Spoegwolf.
Alwyn Bekker van Bad Peter.
Alwyn Bekker en PG Badenhorst van Bad Peter.
Synth Peter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button