Local newsNews

‘n Oggend van pret en dans vir inwoners van sorgsentrum

Inwoners van die Lily Care-sorgsentrum by Rubicon is op 14 Oktober bederf met 'n oggend van pret, dans en lekker kos by Mustangs - The Dancing Place.

Inwoners van die Lily Care-sorgsentrum by Rubicon is op 14 Oktober bederf met ‘n oggend van pret, dans en lekker kos by Mustangs – The Dancing Place.

Maureen Lewis, Meisie Barnard en Althea Nicholson van die Care Buddies.

Sowat 10 mense, waarvan sommige aan Alzheimer se siekte en demensie ly, is die oggend by die sorgsentrum met ‘n Citybug-bus opgelaai en na die kuierplek geneem.

Daar het hulle drankies ontvang en heerlike musiek is gespeel. Die dansvloer is met kleurvolle ligte opgehelder.

Die inwoners van die Lily Care-sorgsentrum geniet die musiek by Mustangs – The Dancing Place.

Die vloer is geopen en veral die dames het genotvol op ou treffers gedans.

Die groep het later ‘n middagete van hamburgers en skyfies geniet. Hulle is ook bederf met ‘n geskenkpakkie met lekkernye, sneesdoekies en ‘n pet.

Joan Bleeker en Elly Trollip.

LEES OOK: KMI-lughawe samel R40 000 in vir liefdadigheid

Amanda Collins, die koördineerder van aktiwiteite by die sorgsentrum, het die pretdag vir die inwoners in samewerking met Care Buddies gereël.

Joan Innes en Jesse Coertzen.
Ena van der Westhuizen en Anne Furman.

“Hulle kom selde uit en bly meestal net by die sorgsentrum. Meeste van hulle kinders bly ver en kan hulle nie altyd uitbring na sulke plekke nie. Hulle het dit nodig om ‘n bietjie uit te kom en ander dinge te sien as wat hulle daagliks doen.”

Marjorie en Candice Stander. > Foto’s: Andrea van Wyk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button