‘n Verjaardagviering van dapper heimwee
Nou, byna 'n jaar na Gerrit Stander se dood en met sy verjaardag om die draai, wil sy familie sy lewe herdenk. 'n Huldeblykkonsert vir Stander bring Francois van Coke en Danie Reënwolf by Elmswood saam op Sondag 24 Oktober.
Op 19 Oktober 2020 is die Laeveld geruk. Dit was nie net nóg ‘n moord nie, maar die verlies van ‘n Laevelder in murg en been.
Gerrit Stander, ‘n geliefde man, pa, broer, seun, kollega en vriend, is op dié dag in ‘n aanval op sy plot op Plaston oorlede.
Nou, byna ‘n jaar later en met sy verjaardag om die draai, wil sy familie sy lewe herdenk.

Sy begrafnis is verlede jaar op sy verjaardag gehou, maar hiérdie jaar word daar fees gevier, want “hy was nie een vir ‘n sob fest nie!” sê sy vrou, Yolandi. Gerrit sou vanjaar 40 geword het.
Die konsert bring die immergewilde Francois van Coke en Danie Reënwolf by Elmswood saam op Sondag 24 Oktober.
Soos sy terugdink aan die jaar, was daar maar baie hartseer, maar ook dankbaarheid vir die mense wat hulle ondersteun het.
LEES OOK: KMI-lughawe samel R40 000 in vir liefdadigheid
“Ek moet eerlik wees, party dae was moeiliker as ander, maar ons is geseënd met wonderlike mense-engele wat om ons is. Deur die Here se genade het ons krag om elke dag aan te pak!

“Daar is ‘n groot leemte waar my man gestaan het hier op aarde, maar ons het gelukkig amazing memories waaraan mens kan terugdink en kan lag en lekker voel, al lag mens deur die trane! Dis moeilik om te besef dat hy nie weer by die deur gaan inloop nie, maar ons sal mekaar weer sien.”
Die konsert is iets waaraan hulle al ‘n tydjie lank dink, maar nie iets wat hulle gedink het gaan realiseer nie. Sy sê sy is baie dankbaar vir Belinda Erasmus wat weet hoe dié goed werk. Hulle is nou ‘n vriendin ryker.
“Oktober is ‘n hartseer maand vir ons, met sy afsterwe en verjaardag alles so opmekaar. Die konsert is maar ‘n manier om sy 40ste positief te vier, eerder as om heeltyd hartseer te wees. ‘n Mens moet huil as ‘n mens moet huil, maar soms kort jy iets wat die lig helderder laat skyn, of hoe?
“Hy was ‘n reuseaanhanger van Francois van Coke, so ek dink hy sou dit geniet het.
“Ek dink daar is genoeg hartseer vir so baie mense gewees die laaste ruk, dis maar ‘n lekker positiewe manier om hopelik vir mense weer hoop te gee!”
LEES OOK: Juané skitter op die atletiekbaan, mik vir Paralimpiese Spele
Die kaartjies vir hierdie besonderse geleentheid kos R350 per persoon. Daar sal ‘n kontantkroeg en kosstalletjies wees om die piekniekatmosfeer net lekkerder te maak. Kry jou kaartjie nou by lenteindielaeveld@gmail.com of 076 674 5536.
Hou ook Laevelder se Facebook-blad dop vir twee gratis dubbelkaartjies.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
