Local newsNews

Nuwe adjunkhoof wil sport verhewe

Rhyno Schilling (36) is onlangs as die nuwe adjunkhoof van Laerskool Barberton aangestel, en hy beplan om 'n positiewe bydrae te lewer, veral op die sportveld.

Rhyno Schilling (36) is onlangs as die nuwe adjunkhoof van Laerskool Barberton aangestel, en hy beplan om ‘n positiewe bydrae te lewer, veral op die sportveld.

Sy loopbaan in die onderwys het in 2004 by Laerskool Ermelo begin waar hy as ‘n student begin werk het. In 2013 het hy ‘n departementshoofpos by Laerskool Nelspruit betree. Ná agt jaar daar het hy op 1 Oktober vanjaar in sy pos as adjunkhoof by Laerskool Barberton begin.

LEES OOK: Xander skiet ‘n kolskoot sekuur

Dit was vir Schilling belangrik om nie te stagneer nie. Hy was lus vir ‘n nuwe uitdaging, en dit is wat hy gekry het toe hy vir dié pos aansoek gedoen het.

Hy het ‘n sterk agtergrond in sport en rig die o. 13-Pumas-span af.

“Dit is belangrik om kinders in die klaskamer asook op die sportveld te help ontwikkel. Om aktief te wees is belangrik vir kinders se ontwikkeling. In die klas moet ‘n mens stil sit en konsentreer, maar as jy buite kom kan jy die vars lug inasem. Om aktief te wees help vir spierontwikkeling en alles saam dra by tot die kind se ontwikkeling.”

LEES OOK: KMI-lughawe samel R40 000 in vir liefdadigheid

Daar is tans 1 099 kinders in die laerskool vanaf gr. R tot 7. Volgens Schilling is die skool op akademiese vlak kompeterend teenoor ander skole. “Maar op die sportveld sal ek die skool graag wil help om op ‘n hoër vlak te kompeteer.”

Schilling, sy vrou, Vanessa, en sy dogtertjie, Miné (6), woon in Mbombela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button