Hazyview neem deel aan New World Shotokan Karate Championship
Die New World Shotokan Karate Championship was 'n vriendskaplike kragmeting tussen die dojo's van Mbombela, Witrivier, Lydenburg, Skukuza en Hazyview op Saterdag 16 Oktober in Mbombela, met amper 100 deelneemers.
Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë, naamlik kata (volgorde van bewegings van beide aanvallende en verdedigende tegnieke) en kumite (geveg). Die deelneemers was opgedeel volgens gewig en ouderdom.
Die Hazyview-vrouespan het uit vier dames bestaan en die mansspan het 12 deelnemers vir die dag gehad. Twee deelnemers van Skukuza het ook die geleentheid gehad om deel te neem aan die kompetisie. Goud, silwer, brons en die vierde plek was deur die Hazyview-deelnemers behaal.
LEES OOK: Lang herstelpad lê vir man voor ná ongeluk op Schoemanskloof-pad
Die dag self was belaai met glimlagte en ‘n tasbare atmosfeer van energie, pret, spanning en adrenalien.

Deelneemers van alle ouderdom en belde het hul vernuf vir die eerste keer vanaf Covid-19 uitgebreek het teen mekaar op die proef gestel, en die dag was ook ‘n fenomenale sukses.
In die vrouespan het Ane Ells vierde plek vir kata en ‘n goud vir kumite ontvang. Jaden Fourie het silwer vir kata en ook goud vir kumite, en albei Kayla Pretorius en Ava Gillfillin het goud vir kata en silwer vir kumite ontvang. Mariaan Swanepoel het silwer vir albei ontvang.
LEES OOK: Weermagvereniging laat militêre veterane nie in die steek nie
Onder die mans het Divan van Staden goud ontvang vir kata en ‘n vierde plek vir kumite, en Sion Jansen het vir albei kata en kumite brons ontvang. Jeandré Jansen het vir albei kata en kumite silwer ontvang, en Vadon Jansen goud vir albei. Meluleki Moyo en Rohan Louw het brons vir kata en kumite.
Hugo Lusse het goud en silwer ontvang vir kata en kumite. Van die Skukuza-span het Niel van Schalkwyk brons ontvang vir albei kategorieë en Noah Redelinghuis vierde plek vir kata en silwer vir kumite.
