BUCO vier sy 10de verjaardag met uitstallers
Sanet Nel van BUCO sê hulle het ongelooflike terugvoer oor die verjaardagverrigtinge gekry. "Die mense het gesê hoeveel hulle dit geniet het en het selfs die dag daarna gebel. Die fone het nie ophou lui nie."

Stalletjie op stalletjie het besoekers na die BUCO-perseel gelok tydens die viering van dié onderneming se 10de verjaardag.


‘n Allemintige 112 stalletjies met ‘n hele reeks produkte het daar vir die besoekers gewag.
Sanet Nel van BUCO sê hulle het ongelooflike terugvoer oor die verrigtinge gekry. “Die mense het gesê hoeveel hulle dit geniet het en het selfs die dag daarna gebel. Die fone het nie ophou lui nie.”


Die feit dat Covid-19-regulasies dit toegelaat het, het die maatskappy laat besluit om mense net ‘n bietjie kans te gee om uit te kom, en ook die geleentheid vir kliënte gebied om die perseel te verken. “Party mense het nie eers geweet ons verkoop dakkappe en sink nie.”


LEES OOK: IN FOTO’S: Lifeline Nelspruit hou oggend vir herstel en bewusmaking
Die besoekers het die opset selfs met Innibos vergelyk, danksy die feestelike atmosfeer; as ‘t ware ‘n hardeware-Innibos. Behalwe vir die wye versameling produkte, was daar ook kos en drankies (te danke aan Rooikat) om van te kies en keur.


Die kosafdeling was ook BUCO se manier om aan die gemeenskap terug te gee. Hiervoor het die maatskappy kerke en ander instansies op die dorp gekry om daarvoor te sorg. Dié verskaffers het nie nodig gehad om vir hul stalletjies te betaal nie en die wins wat daar gemaak is, was alles hul eie.


Om die aand gesellig af te sluit, het BUCO vir Piet Pompies gekry om besoekers in ‘n biertent te vermaak. Nel sê dié kunstenaar het sy teenwoordigheid nie net beperk tot een of twee uur nie. Hy het tot die bittere einde saam met die gaste gekuier. Rooibaard het vir heerlike prego’s gesorg.












Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
