Local newsNews

Oesfees weer eens ‘n heerlikheid

Die NG Suid-gemeente het Saterdag 30 Oktober hul jaarlikse Oesfees op die kerkterrein gehou en soos elke jaar, was hierdie fondsinsamelingsprojek vir die dorp se behoeftiges 'n jolige funksie.

Gemeentelede het maande vooraf gewerskaf om koekies, handewerk, eetgoed en snuisterye vir die verskeidenheid stalletjies gereed te kry.

Vir die jongklomp was daar die gebruiklike koekversierkompetisie voor Vrydagaand se dorpsbraai en die immergewilde Warrior Race op Saterdagoggend.

Ds. Fred Wilson, Brian Whitehorn en Leo Middelberg by die vetkoekstalletjie.

Aan vindingrykheid het dit beslis nie ontbreek nie. Groente, vleis, geskenke en kleinkoekies is te koop aangebied, maar selfs sywurms in ‘n netjiese kardoesie was beskikbaar.

Rodé Burger en Annemé Brink was die juniorwenners van die koekversierkompetisie.

Die uitslae van die koekversierkompetisie:
• Kleuters se wenkoeke: Eerste: Nico Brink en Sias Niemand. Tweede: Niel en Liamé Hartzenberg. Derde: Katryn en Lisa Loots.
• Juniors: Eerste: Annemie Brink en Rodé Burger. Tweede: Karen Coetzee en Minelle de Beer. Derde: Thinus en Jandré Cilliers.
• Seniors: Eerste: Syboné Hanekom en Isabel Loots. Tweede: Dianke Nagel en Jeanné Cilliers. Derde: Ilandri Nagel en Delana Beyleveldt.

Superhero Hanno Nel maak reg vir die modderbed by die Warrior Race.

Uitslae van die Warrior Race:
• Gr. R- tot gr. 3-wenners: Justus League 2-span (seuns) en Tiger Warriors (dogters). Die gr. 4-wenner was Star Wars Rebels.
• Die senior Rubber Duckies-span het volpunte vir gees en prestasie behaal.
• Die Mighty Eagles het die beste kreet gehad en die Mustangs was die kreatiefste span.
NG Suid bedank alle Lydenburgers vir hul getroue ondersteuning.

Foto’s: Gerda Whitehorn.

Lees ook: Baba Ayden se naastes vier sy eerste verjaardag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button