Talentvolles erken vir eisteddfod-deelname
Verna Walters, die voorsitter van die Nelspruit Eisteddfod, het Innibos, Communio Kerk, Werner Stolze, Zebrina Gastehuis en Theresa Prinsloo vir hul ondersteuning en betrokkenheid bedank.
Ten spyte van talle uitdagings die afgelope jaar, het die Nelspruit Eisteddfod steeds voortgegaan, alhoewel op ‘n ietwat kleiner skaal.
Verna Walters, die voorsitter van dié eisteddfod, sê hulle het vanjaar slegs ‘n derde van die inskrywings gekry wat hulle normaalweg ontvang.

Komiteelede, borge en die top vyf presteerders van die jaar het verlede Woensdag by The Blue Gate bymekaargekom; hierdie jaar was ‘n behoorlike gala-aand nie moontlik nie.
“Hierdie was maar net om dankie te sê aan die borge en dan vir die oorhandiging van die vyf prestige-toekennings,” sê Walters.

Daar was oomblikke wat die hele Nelspruit Eisteddfod amper uitgestel is, maar tog het alle rolspelers dit gemaak werk. “Alles het baie goed verloop en ons is bly ons het dit gedoen. Ek glo volgende jaar sal dit ons net groter wees.”

LEES OOK: IN FOTO’S: Lifeline Nelspruit hou oggend vir herstel en bewusmaking
Die Innibos-toekennings vir instrumentaal het aan Pieter Prinsloo (gr. 1-4), Chenedo Ogumjiofer (gr. 5-7) en Alayna Kuzel (gr. 8-12) gegaan.
Alayna het ook met die toekenning vir die veelsydigste senior weggestap. Sy het ‘n gemiddeld van 92,2% vir haar ses items gekry. Xandely Steyn het die toekenning vir die veelsydigste junior gekry; sy het aan 14 items deelgeneem en met ‘n gemiddeld van 87% geëindig.

Walters het Innibos, Communio Kerk, Werner Stolze, Zebrina Gastehuis en Theresa Prinsloo vir hul ondersteuning en betrokkenheid bedank.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
