Local newsNews

Bietjie fees, maar gróót gees

Bietjie-bietjie-Bos skop oor 'n maand af, en al gaan dit 'n fees op 'n kleiner skaal wees, gaan dit steeds vir hope gees sorg.

Die kaartjieverkope hiervoor het reeds by Computicket begin.

Buiten die musiekkonserte op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam van Vrydag- tot Sondagaand, is daar verskeie ander aanbiedinge waarna feesgangers kan uitsien.

Boekgesprek met Wilna Adriaanse.
Vlug, deur Wilna Adriaanse.

In Klassiek@Christies op Vrydag, 3 Desember om 19:00, tree konsertviolis Zanta Hofmeyr, die Nocoré Ensemble en die Nelspruit Hoërskool Bel Canto Meisieskoor op. Vivaldi se “Vier seisoene (lente en somer)”, en Albinoni se

“Adagio” is onder meer op die program. Daar sal wyn en kaasborde beskikbaar wees.

Die Grapmakers, met Neels Clasen en Hannes Brummer.

Die teaterdrama Wat as, met Francois Jacobs, Adriaan van As en Simoné Pretorius, handel oor drie skoolvriende wat ná 16 jaar onverwags weer in ‘n kroeg ontmoet en probeer sinmaak van ‘n tragiese insident in die verlede. Dit beloof om ‘n kragtoer te wees wat die hart sal raak.

LEES OOK: Só lyk die program vir Bietjie-Bietjie-Bos

In Die grapmakers met Neels Clasen en Hannes Brümmer op die verhoog, is dit duidelik dat komedie geen grap is nie. Moenie dink ‘n grap gebeur sommer net nie; nee, daar is twee uitgeworpe muses in ‘n stowwerige kantoor wat die humorafdeling behartig. Die teks deur Lizz Meiring is snaakse en vlymskerp kommentaar oor die waarde van humor, asook slim satire oor die verlies van die vermoë om vir onsself en andere met deernis te lag.

Lucinda Neethling.

Die skrywer Wilna Adriaanse stel haar splinternuwe boek, Vlug¸ by Woordespel by Tindlovu by die Laeveldse Botaniese Tuin op Donderdag, 2 Desember om 12:00 bekend. Saam met haar is Lucinda Neethling, bekend as ‘n lid van die groep Die Melktert Kommissie, wat haar sangprogram ook gaan toelig met vertellings, haar uitsonderlike pensketse en ander kunswerk. Die kaartjieprys sluit ‘n ligte middagete in.

Die volledige program is by innibos.co.za. Teken ook in op die Innibos-nuusbrief, Tjirp, op die webtuiste om seker te maak jy kry die jongste feesnuus. Kaartjies is by computicket.co.za te koop.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button