Steve Hofmeyr lewer uithalervertoning
Die immergewilde sanger, liedjieskrywer, outeur, akteur en aktivis, Steve Hofmeyr, het Mustangs - The Dancing Place Saterdagaand ten bate van Moving Mountains aan die brand gesing.
Die kaartjies is lank voor sy vertoning uitverkoop, wat weer eens getuig het van dié skarelokker se gewildheid in die Laeveld.
Ralph Michielsen het eers die gehoor met leenliedjies opgewarm voordat die mikrofoon aan Liezel Pieters oorhandig is.

Met die voete nou behoorlik aan die jeuk, was almal verheug om Steve weer op die verhoog te sien.

Tydens sy vertoning, het ‘n pa opgestaan en onderneem om R10 000 aan Moving Mountains te skenk, sou Steve sy seun toelaat om “Die Bloubul” saam met hom te sing. Soos dit van Steve kan verwag word, het hy ingestem.
LEES OOK: Kleuterskole hou hul pretdag op ’n kleurryke wyse

Die organiseerders, Mustangs, Rock Solid Sound Productions, Buffelsfontein, Rooibaard en natuurlik Moving Mountains, is dit eens dat dit ‘n uitstekende aand saam met Steve, Liezel en Ralph was, wat die gehoor op hulle voete luidkeels laat saamsing het.

Izelle Pretorius, die stigter en direkteur van Moving Mountains, het gesê dat dié konsert op ‘n kleiner en meer intieme skaal as waaraan Laevelders gewoond is wanneer Steve optree, alle verwagtinge oortref het.

“Ons is so dankbaar vir die vele mense wat ons ondersteun het en gehelp het om van die vertoning ‘n sukses te maak,” het sy gesê.




Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
