Local newsNews

Bietjie-bietjie-Bos: Vrydag opsomming

Hier is ‘n opsomming van Vrydag se Bietjie-bietjie-Bos hoogtepunte.

Kliphard kykNET Konsert laat feesgangers behoorlik dans

Die feesgangers kon uiteindelik op Vrydag 3 Desember weer ’n smakie kry van die jaarlikse Innibos-fees toe die Kliphard kykNET Konsert met talle topkunstenaars mense van oraloor met lewendige musiek vermaak het. Die rugbyveld by Hoërskool Bergvlam is weer in ’n feesterrein omskep en mense het in groot getalle dié konsert, wat deel is van vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos-fees, bygewoon. Die kunstenaars op die verhoog te sien het 0260, Coenie Naudé, Robbie Wessels, Elandré Schwartz, Francois van Coke en Spoegwolf ingesluit.

Lees verder hier.  

Vriende met tradisies, vrae en verwyte in dié toneelstuk

Dis tradisie; drie vriende ontmoet mekaar jaarliks in ’n klein kroegie in Mbombela. Die een is ná skool nooit hier weg nie (hy besit die kroeg), en die ander twee het lewens elders in die land, een as kindersielkundige en een as egskeidingsprokureur. So begin die drama, Wat As?, in die Mbombela Stadsteater; met drie vriende (vertolk deur Francois Jacobs, Simoné Pretorius en Adriaan van As) en soveel om te onthou.

Lees verder hier.

FOTO’S: Innibos Kuns-in-beweging-parade

Die Innibos Kuns-in-beweging-parade het Vrydagoggend weer die strate van Mbombela ingekleur as deel van die viering van die fees en die diversiteit van Mpumalanga.  

Lees verder hier.

IN PHOTOS: Locals learn to create beautiful cheeseboards using resin as part of Bietjie-bietjie-Bos

Some Lowvelders tried their hand at making resin cheeseboards this morning, December 4, at Nitali Re-Invented Decor, as part of the Bietjie-bietjie-Bos festival. Young and old gathered at the shop at 09:30 this morning for the class led by local art lover Annelie Mans, who showed the attendees how to create a unique cheeseboard using resin. She instructed the class on applying the base paint on the boards, and then showed them step by step how to mix resin with coloured paint.

Read more and see the photos here.

Bietjie-bietjie-Bos gaan klassiek

Klassieke klanke was aan die orde van die aand by Christie’s at 32 on Russell gisteraand met Zanta Hofmeyr en meer.

Lees verder hier. 

LEES OOK: Bietjie-bietjie-Bos: Donderdag opsomming

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button