Local newsNews

Care Buddies sorg vir vrolike vroeë Kersfees

Die Care Buddies is besig met hul laaste rondes bederf dié tyd van die jaar, en Rubicon Aftreeoord was Dinsdag aan die ontvangkant van geskenkies tydens 'n vroeë Kersfees.

MBOMBELA – Buiten die geskenkies was daar natuurlik koffie, tee, soet- en southappies én horinkies met lekkernye gevul.

Inwoners luister na Natascha C.

Natascha C was beslis ook een van die hoogtepunte met Kersliedere in verskeie tale asook ou bekende liedjies wat gesorg het vir lekker saamdans.

LEES OOK: Oumagrootjie haal goud

Millie Mlulo, Collette Wright en Heidi Botes.

Meisie Barnard, die voorsitter van die Nelspruit Care Buddies, het genoem dat hulle altyd op soek na vrywilligers is om by die organisasie aan te sluit. Sou jy graag by die Care Buddies wou aansluit, kan jy vir Barnard by 082 335 4442 skakel.

LEES OOK: Vriende met tradisies, vrae en verwyte in dié toneelstuk

Elly Trollip en Dorothea van der Walt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button