Local newsNews

Klub sit die bal aan die rol vir Pro-Life

Die Nelspruit Rolbalklub en die Lowveld Nomads het saamgespan vir skenkings aan Pro-Life.

Nelspruit Rolbalklub het Saterdag gasheer gespeel vir die Lowveld Nomads, ‘n liefdadigheidsorganisasie wat deur sport (in hierdie geval, rolbal) ‘n verskil in mense en diere se lewens probeer maak.

Pro-Life Pet Rescue, Rehabilitation and Adoption Agency was die gelukkige organisasie aan die ontvangkant van die dag se skenkings.

Karin Erasmus en Draad.

Die 48 rolbalspelers wat deelgeneem het, het ook met bydraes van honde- en katkos by die klub opgedaag.

Daarmee saam het die president van Lowveld Nomads, Jerry Gertzen, namens die Nomads R3 000 aan Pro-Life oorhandig. Karin Erasmus, die voorsitter van Pro-Life, was daar om dit te ontvang.

LEES OOK: Potjiedag saam met bierproe-lekkerte

Nelspruit Rolbalklub se Les Lange het ‘n verdere R5 000 namens die klub aan Erasmus oorhandig.

Spelers in aksie vir liefdadigheid.

Erasmus het ‘n hond genaamd Draad saamgebring om die dag se verrigtinge te geniet, en dié het sommer baie aandag gekry.

Karin Erasmus en Jerry Gertsen.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button