Sewentig jaar van getroude lewe gevier
'n Egpaar deur dik-en-dun wat 70 jaar saam vier is voorwaar raar.

Dr. Wessie de Kock en sy gade, Mattie, (beide 93) is oudbekende en geliefde
inwoners van Lydenburg wat diep spore deur die jare in die dorp getrap het.
Dr. De Kock was vir jare in Lydenburg ’n huisdokter voor sy aftrede. Hulle was beide stigterslede van die Wenakker Nasorgsentrum, nadat dit in die 1960’s duidelik geword het dat daar ’n behoefte vir so ‘n sentrum was om volwassenes met gestremdhede te huisves.

saam met familie en vriende gevier.
Hulle vier kinders en dié se gesinne het op 15 Desember die paartjie se 70ste
huweliksherdenking gevier.
“Ons het saam met al hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkinders die besonderse herdenking gevier. Dit is ’n reusemylpaal en ’n wonderlike voorbeeld vir ons almal. Mag die Hemelse Vader hulle vir nog baie jare met goeie gesondheid seën en vir mekaar spaar,” het die familie gesê.
