Local newsNews

Elfjarige van Lydenburg kry drie beroertes na breinoperasie

Ilana Thomas is onder mediese sorg na 'n direkte hervaskularisasie.

Die babbelende Ilana Thomas (11) is tans kritiek na ‘n breinoperasie op Maandag 24 Januarie.
Haar ouers, André en Elaine Thomas, is tans bekommerd oor hul dogtertjie wat in die Unitas Hospitaal in Pretoria aansterk.

Ilana was baie braaf voor haar breinoperasie. Sy is ‘n leerder van Estralita Spesiale Skool in Lydenburg.

Beide Andre en Elaine Thomas se hande op hul dogtertjie se skouers na die operasie.

“Ilana is soveel méér as net ’n downsindroomkind. Sy het op Kersdag ‘n groot beroerte gehad wat haar vir ‘n week aan die linkerkant van haar lyfie verlam het. Sy is toe met Moyamoya-sindroom gediagnoseer, wat ook die rookwolkiesindroom genoem word. Dit is baie seldsaam. Dit veroorsaak dat die bloedvate na die brein vernou en verdik,” het Elaine gesê.
Moyamoya is ‘n Japanese-term en die sindroom is in die vroeë 1960’s die eerste keer gediagnoseer.

Lees ook: 136 onderskeidings vir Hoërskool Lydenburg

In leketerme beteken dit die netwerk van vernoude kapillêre bloedvate lyk soos ‘n rookwolkie wanneer dit geskandeer word.
Met hierdie tipe operasie verbind die dokters ‘n spesifieke tak van die kopvelslagaar aan ‘n ander tak wat aan die breinslagaar op sy buitenste oppervlak gekoppel is.

Ilana Thomas was baie braaf voor die operasie Maandag.

Op hierdie manier gee chirurgie onmiddellike verbetering in die toevoer van bloed en suurstof na die brein.
Die bekende pediatriese neuroloë, drs. Michael Lippert en Joachim Mennen, het Ilana se operasie behartig.

“Direk na die operasie het sy ‘n beroerte in die hoësorgeenheid gehad, en daarna nog ‘n reeks kleiner beroertes. As gevolg van hierdie beroertes is sy tans aan die linkerkant van haar lyf verlam, kan sy nie sluk nie, moet sy ‘n doek dra en kan sy op hierdie oomblik nie praat nie,” het Elaine gesê.

Om enige finansiële hulp rakende die kostes van die operasie en terapie vir Ilana aan te bied, besoek die skakel: https://www.backabuddy.co.za/champion/project/ilana-thomas of WhatsApp haar ma 076 514 9480.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button