Local newsNews

Ondernemings besig om vullis die rug te keer

Lydenburg/Mashishing Sakekamer se lede het sedert Januarie self inisiatief aan die dag gelê

Die Lydenburg Mashishing Sakekamer (LMBC) pak die uitdaging aan om ’n verskil in die dorp te maak.
Verskeie projekte is geloods om slaggate
te herstel, die gras langs paaie te sny en
onooglike vullis te verwyder.
Daar is met die eerste vergadering van die uitvoerende raad besluit om kleiner projekte self aan te pak.

Dit was Teresa Boshoff van Bebels Coffee Express se idee om ’n sementbankie en -blad te skenk en op te rig, op ’n hoek waar mense gewoonlik hul vullissakke neergooi en wat tot nou toe ’n seer oog was.

Ferdie Haefele maak self slaggate reg voor sy besigheid, Klitzgras Chalets, in Viljoenstraat reg.

Ook Ferdie en Polla Haefele het self die slaggate voor hul Klitzgras Chalets herstel. 

Leon van der Nest, ’n sakekamerlid, sê een van die dae sal daar ook groot veranderinge voor sy firma in Kerkstraat, Van der Nest Meubels, gemaak word. Dinsdag het Lydenburg Stoffeerders hul straathoek in Potgieterstraat aangepak.

Op Vrydag 11 Februarie het Bruce James en sy span die pad na die stortingsterrein se vullis verwyder. Inwoners is te lui om 500m vorentoe te ry en vullis by die terrein te los. Dit is ook ‘n LMBC-inisiatief.

 

Hier is hoe dit voor en na die skoonmaakaksie van Vrydag gelyk het:

Hier is voor en na foto’s van werk in Voortrekkerstraat se duikweg en by die Lydenburg Poskantoor:

Die duikweg in Voortrekkerstraat voor die skoonmaakaksie
Lydenburg Poskantoor nadat die sypaadjies skoongemaak is.
Werk in die duikweg.

Van die ander instansies en besighede wat hierdie week die projek ondersteun het is: Soetdoring Konstruksie, Hanas Mica, Rietfontein Verpakking, Bebels Coffee Express, Van Der Nest Meubels, Yillies, Amanda Wheeler (namens Afriforum), Umoya, Morgan Nissan, Maritz & Seun Boerdery, Mias Potgieter van JJS Consteuction, Klitzgras Chalets, Lydenburg Stoffeerders, The Laundry Basket, Steelburger/Lydenburg Nuus (mediaborg), Sun Security en Sirambene. (Hierdie lys was korrek met die ter perse gaan, en nog instansies het deur die loop van die week skenkings gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button