Gaan kyk na dié fotokompetisie se inskrywings by i’langa Mall
Die top finaliste in die Innibos TRAC-selfoonfotokompetisie se foto's word van 1 tot 6 November in i'langa Mall uitgestal.
Selfone spog deesdae met uitstekende kameras en die mooiste foto’s word daarmee geneem.
Met die ondersteuning van TRAC en i’langa Mall, het Innibos ’n selfoonkompetisie van stapel gestuur om te kyk wie die mooiste foto met hulle selfoon kan neem.
Die tema van die Innibos TRAC-selfoonfotokompetisie is “Dit maak my gelukkig”.
Talle inskrywings is ontvang, en dit het kopkrap gekos om die finaliste aan te wys.
Uit die 250 inskrywings is 40 finaliste gekies. Hulle is nou deel van ’n spesiale uitstalling wat van 1 tot 6 November by i’langa gehou gaan word.
Die foto’s is gedruk en kan na afloop van die uitstalling deur die eienaars afgehaal word.
LEES OOK: Plesierengel ontbloot jongman se siel by Innibos Teaterweek
Pryse sal aan die beste drie foto’s tydens die prysuitdelingsfunksie toegeken word, wat op Woensdag, 2 November, om 18:00 by Ster-Kinekor plaasvind.
Die eerste prys is R10 000 en ’n Samsung A53 van Vodacom i’langa Mall ter waarde van R8 500. Die tweede plek sal R3 000 kry, en die derde R2 000.
Vodacom i’langa Mall gaan ook een foto uit die 40 finaliste kies wat by sy Further Together-veldtog pas. Die persoon wat hierdie foto geneem het, wen dan ook ’n Samsung A53-selfoon.
