Local news

Spelers en ondersteuners geniet gholfdag ten bate van Hoërskool Nelspruit

Die wenspan by dié Mbombela-skool se gholfdag het 'n totaal van 110 punte gekry.

Die Palmdraers se gholfdag vir ouers en ondersteuners ten bate van Hoërskool Nelspruit het op 27 Oktober by die Matumi Gholfklub plaasgevind.
Altesaam 90 gholfspelers het deelgeneem.

Volgens Gerrit Engelbrecht, voorsitter van die Palmdraers-ondersteuners, sou die sukses van die dag en al die pryse nie moontlik gewees het sonder al die borge en individue uit die gemeenskap nie.

“Baie dankie aan elke borg wat tot die sukses van die dag bygedra het!”

By putjie nommer 5 het die spelers alles in hul vermoë gedoen om ‘n kolhou te slaan en sodoende ‘n Toyota Urban Cruiser te wen. Ongelukkig was hierdie gelukkie nie vir die spelers beskore nie.

LEES OOK: Nuwe Astro-hokkiebaan vir dié twee Witrivier-skole

Die wenspan van die dag het bestaan uit Reyno Kruger, Christiaan Labuschagne, Renoux de Beer en Jaydee Grimbeek (110 punte). In tweede plek was Dalene Joubert, Duane Joubert, Jannie Cloete en Johan van Rensburg (109 punte).

Die ouers en ondersteuners het groot planne vir 2023! Hoërskool Nelspruit hou Fiësta-jaar, en saam met die fondsinsamelingsprojekte beplan die komitee vroeg in die jaar ‘n selfs groter en beter gholfdag. Indien jy graag as ‘n ondersteuner of borg betrokke wil wees, skakel Dedré van Graan by dvangraan@nelliesh.co.za.

Die skool en die Palmdraers spreek hul dank vir al die ondersteuning tydens die aanbieding van die dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button