Local news

Burgerverkope verloop glad by dié Mbombela-speelgroep

Die Bennie Boekwurm Speelgroep het weer hulle jaarlikse burgerverkope in Impalastraat gehou.

Dit was op 4 November weer tyd vir die Bennie Boekwurm Speelgroep in Impalastraat om burgers te verkoop.

Daar aangekom het die kopers bloot hul name op die bestellys laat afmerk, ’n U-draai in die cul-de-sac gaan maak, en hul burgers en koeldranke kom oplaai.

Eulalia Jordaan, die eienaar van die speelgroep, sê hulle het vanjaar ‘n bietjie minder burgers as verlede jaar verkoop, maar die fantastiese borge wat hulle gekry het, het daarvoor opgemaak.

LEES OOK: IN FOTO’S: Boeredag buite Mbombela ‘n lekker saamkuiersukses

Hulle het gemik vir 800 burgers, maar 650 verkoop. Vierhonderd burgerpatties en 300 broodrolletjies is geskenk.

“Ons gaan die geld gebruik om ’n afdak by die Kraaitjieklas te bou, anders is hulle altyd in die reën; en dan miskien ook speelgoed as daar geld oorbly.”

LEES OOK: IN FOTO’S: Papsopnat pret by Bergland

Jordaan het die ouers bedank wat gehelp het om bestellings bymekaar te maak, asook haar raakvatter-juffroue wat gehelp het met die bou en uitdeel van die burgers.

Jaco Janse van Vuuren, Jacques-Daniël Burger en Lenie Richter het (met behulp van hul ouers, natuurlik) die pryse gekry vir die meeste burgers verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button