Local newsNews

Plaaspret uit die boonste rakke soos net Lydenburg kán

Van skaapskeer. die kuns agter hoefsmidwerk, bulry en 'n gesellige feesatmosfeer het die besoekers vermaak. Die vertoning van Jan Jan Jan en ander kunstenaars het die plaasfeesgangers tot laat besig gehou.

Met ‘n geskatte 1 500 mense wat die Longtom Plaasfees bygewoon het, kon dit nie anders as om ‘n reusesukses te wees nie. Dit het Saterdag die Lodge Laske Nakke plaasgevind en is deur die Longtom Dierekliniek gereël.

JJ Potgieter op Madota.

Die fees het afgeskop met gesinspret, stalletjies om te besoek en heerlike eetgoed. Telers van verskeie boerbokke, skape en perde het ook daar kom uitstal.

Jako de Klerk en Ami de Wet het die toeskouers gewys wat ‘n hoefsmid se werk behels. Hulle het gedemonstreer hoe om ‘n hoefyster te vorm en ‘n perd s’n te slaan.
Van die gewildste items op die program was die rodeo van die F5 Rodeoklub en die honderassekompetisie.

Jako de Klerk en Ami de Wet.

En dis nie elke dag dat ‘n mens sien hoe ‘n skaap geskeer word nie. James Veitch het die demonstrasie behartig.
Toe die son begin water trek, het die sangers feesgangers begin vermaak.

Dr. Marietjie Malan van Longtom Dierekliniek het ook haar personeel, familie en vriende, wat hierdie dag ‘n regte dorpsfeesgevoel gegee het, bedank.
“Die eerste fees was in 2019, en vanjaar s’n het vir seker die ander oortref. Dankie ook aan die gemeenskap van Lydenburg wat ons so ondersteun het,” het Malan gesê.

Geniet die aanlyngallery vir die honderassevertoning: Swaaiende sterte steel harte by Longtom Plaasfees

Bulry word nie verniet as een van die gevaarlikste agt sekondes in sport genoem nie. Om ‘n telling te kry, moet die ruiter agt sekondes bo-op die bul bly, met een hand die tou vasgryp en dan nog keer dat die bul hom nie vertrap met die afvalslag nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button