Geniet Elvis Blue en ondersteun Dasha Foundation
Church Unlimited bied vandag, 24 November, 'n vertoning met Elvis Blue aan ten bate van die Dasha Foundation.
Die geliefde kunstenaar Elvis Blue is vandag, 24 November, by Church Unlimited te sien.
Dié konsert gaan nie net met Blue se liedjies gevul wees nie, maar is ook ten bate van die Dasha Foundation.
Blue het mense op sy Facebook-blad uitgenooi om die aand saam te kom ondersteun.
LEES OOK: Mbombela public parks are not parking lots
“Kom geniet ‘n heerlike dag uit en ondersteun terseldertyd die Dasha Foundation. Die Dasha Foundation is ‘n skool vir kinders met gestremdhede en hulle werk onverpoosd om hierdie kinders te ondersteun. Sien julle daar.”
Pryse vir kaartjies beloop R150 per persoon en kan op Quicket gekoop word. Die vertoning is 17:30 vir 18:00.
