Local news

Pro Gratia-leerders sterkte vir die toekoms tydens afskeid gewens

Pro Gratia-onderwysers en van die leersentrum se senior leerders het onlangs 'n emosionele afskeid van mekaar geneem.

So het sewe leerders van die Pro Gratia Leersentrum op 1 Desember aan die einde van hul skoolloopbaan gekom.

Dit het op ‘n hoogtepunt afgesluit, met die voorbereiding en bediening van ‘n kaas-en-wynproe en ‘n driegangmaaltyd by Kwanyoni Lodge.

Pro Gratia bied ‘n beroepsgerigte CAPS-kurrikulum aan waarmee leerders hulself met vyf vaardighede kwalifiseer, naamlik gasvryheid, houtwerk, nael- en skoonheidstegnologie, gemengde boerdery en besigheidsadministrasie, asook vroeë kinderontwikkeling (VKO).

LEES OOK: Dis eers weer vólgende jaar Bateleur Liggiefees

Ansie Viljoen, die sentrum se vaardigheidshoof, sê die meeste van hierdie leerders is reeds sedert 2015 by die skool betrokke en het ‘n hegte band met die personeel en hul vriende gevorm.

Dit was ‘n emosionele oomblik toe Viljoen die leerders tydens haar toespraak gegroet het en ook sterkte met hul toekoms toegewens het. Dit was ook vir haar ‘n oomblik van trots toe sy hulle sertifikate aan hulle oorhandig.

Welma Bezuidenhout, besturende direkteur van Pro Gratia, het ook die leerders gelukgewens en bedank vir hulle besonderse harde werk. Die personeel wat met hierdie leerders gewerk het, Ansie Viljoen, Anton Bezuidenhout, Soretha du Preez, Rachel Gates en Chantal Barnard, se impak op elke leerder sal blywend wees.

“Elke student het reeds toekomsplanne vir volgende jaar wat boerdery, admin, VKO en werk as winkelklerke insluit,” sê Viljoen.

“Pro Gratia hoop die opleiding sal die leerders die nodige selfvertroue gee en hoop dat daar vir almal aan die einde van die reënboog ‘n pad vorentoe is. Ons wens vir hulle is voorspoed en dat dit wat hulle geleer het, altyd die fondasie sal wees waarop hulle kan voortbou en op trots kan wees.”

LEES OOK: Sommige Mbombela-wonderwerke word tuis voorberei

Die pragtige aand is afgesluit met ‘n formele dans. Die leerders het die gaste se asems weggeslaan met hul aanddrag.

> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button