Local news

Geen strafsaak teen VF Plus se Ken Robertson

Die strafsaak wat 'n werknemer teen Ken Robertson van die VF Plus aanhangig gemaak het, gaan nie vervolg word nie.

‘n Strafregtelike ondersoek wat kortstondig hangend teen Ken Robertson, provinsiale adjunk van die VF Plus, was, is van die baan.

Nadat die polisie die kriminaliteit van beweerde teistering teen hom ondersoek het, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beslis dat daar geen aanvegbare strafsaak teen Robertson is nie.

Hy is wel op 17 Oktober deur ‘n bevel in terme van die Teenteisteringswet verbied om kontak met die klaagster, ‘n werknemer van die party, te maak. Sy is een van drie vroue wat in November teenoor Laevelder beweer het dat griewe van boelie- en teisteringsgedrag teen Robertson nie na wense deur die VF Plus hanteer is nie. Die party het in reaksie op medianavrae beweer dat twee van die drie stelle griewe wel bygelê is.

LEES OOK: Griewe teen senior VF Plus-raadslid in Mpumalanga sloer ‘n jaar

Robertson sou op 13 Desember kans kry om op die tussentydse teenteisteringsbevel te reageer en sy kant van die saak te stel, maar die verrigtinge is in die Nelspruit Landdroshof tot 15 Februarie uitgestel. Die Oktober-bevel bly intussen van krag.

Die strafsaak wat die werknemer teen hom aanhangig gemaak het, gaan nie vervolg word nie, wat beteken dat hy nie ‘n verdagte in enige hangende polisieondersoek is nie. ‘n Uittreksel uit die NVG se skriftelike terugvoer bepaal wel dat sy ‘n arbeidsregklagte teen Robertson mag hê, en sê dan: “Die gepaste forum sal die arbeidshof of die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button