Local news
Laerskool Laeveld se graadeens sien hiérna uit
Vanjaar se graadeentjies het vol selfvertroue by Laerskool Laeveld se hekke ingestap.

Of dit nou die sport, hulle maatjies, pouse of die leer van nuwe dinge is, Laerskool Laeveld se nuutste bondel woelige graadeens is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in hul lewens.
Sommer vroeg-vroeg leer hulle al hoe hulle juffroue se programme werk, wat enigiets van kamer verlaat tot inkleur behels.

André Schoeman vertel hy sien die meeste uit na gholfspeel en reken hy het sommer van dag een af al báíe maatjies. Thando Twala sê hy sien ook beslis die meeste uit na sport.
LEES OOK: Nelspruit Primary welcomes its Grade Ones for 2023






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
