Local news

VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

'Hulle het 'n bok gevang!' is al wat Wilna Wheater kon uiter nadat sy besef het wat sy met haar kamera in Marlothpark besig was om af te neem.

In hierdie week se Wilde Woensdag saam met Wilna deel sy videomateriaal van krokodille wat besig is om ’n bok in die Krokodilrivier te verorber.

Wilna Wheater vertel dat sy op Saterdagoggend 17 September saam met haar familie by die Henk van Rooyen-park se restaurant in Marlothpark, wat uitkyk oor die Krokodilrivier, ontbyt geniet het.

Lees ook: Wilde Woensdag saam met Wilna Wheater

“Die volgende oomblik sien ek ’n geskarrel in die rivier. Toe trek ek my Nikon P1000-kamera se lens uit om vas te stel wat aangaan, en kom op dié interessante gebeurtenis af. Die krokodille het ’n bokkie gevang. Dit lyk vir my of dit ’n rooibokkie kon wees.”

Video:

Laevelders kan elke Woensdag na haar foto’s en video’s, wat sy in die wildtuin en Marlothpark vasgevang het uitsien. Die storie agter die beeldmateriaal sal ook verskyn.

Hou Laevelder se blaaie dop: Facebook, YouTube, TikTok, Instagram en Twitter (X).

Wil jy ook graag jou wilde wildtuinfoto’s en video-ervaringe met ons deel?

E-pos gerus: bertus@lowvelder.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button