Local news

Drama-ateljee in Marlothpark eindig die jaar op ‘n hoë noot

Die drama-ateljee se studente het die gaste by die Bos-restaurant in Marlothpark onlangs vermaak om die jaar se hoogtepunte wat hulle bereik het, te vier.

Die Kethura-drama-ateljee het op 14 Oktober ‘n feestelike afsluiting by die Bos-restaurant in Marlothpark aangebied, waar die dramastudente vanjaar se prestasies gevier het.

Die ateljee het ‘n hele rits prestigetoekennings tydens die Nelspruit Eisteddfod en die provinsiale ATKV-Redenaarskompetisie ingepalm.

Xander Kotze het as naaswenner by dié redenaarskompetisie uit die stryd getree en ook die prys vir die beste taalgebruik ontvang. Met al hierdie prestasies, moes die studente en hul ouers dit behoorlik vier.

Die Padda en die Prins. Violet Roodt en Joshua Dreyer. >Foto: Ilke van Zyl

Kethura het ook ‘n gedugte digter in hul midde.

Alexa Kotze se gedigte is vanjaar in die Inkspraak4-bloemlesing gepubliseer. Haar gedigte het groot genot tydens die eisteddfod verskaf en sy het ook spesiaal vir Laerskool Malelane se spreekkore geskryf.

Lees ook: VIDEO: Krokodille verorber bok in Krokodilrivier by Marlothpark

Beide die kore het prestigetoekennings verower.

Zane Claassen in aksie. > Foto: Ilke van Zyl

Die restaurant se eienaars, Danie en Morné, het die verhoog vir die klein akteurs oopgestel sodat hulle daar kon optree. Die ouers en restaurantgangers het heerlik aan die kos gesmul terwyl hulle na die opvoerings gekyk het.

Die Monstermoles-duet is deur Jeanette en Juané Prinsloo opgevoer. > Foto: Ilke van Zyl

Twee tonele, Rooikappie en Ansie en Riekie, is opgevoer, en daar was verskeie samesprake, monoloë en poësie-optredes.

Lees ook: Wilde Woensdag saam met Wilna Wheater

Twee sangitems is ook gelewer. Van die ouers het vir die kinders ‘n skreeusnaakse spooktoneel as verrassing opgevoer om hulle met hul harde werk geluk te wens.

Amorè Meyer en Menei Brits. > Foto: Ilke van Zyl

Odette Dreyer en Charn Steinmann het die afsluiting gerëel en die foto’s is deur Ilke van Zyl geneem.

Die Kethura-drama-ateljee word deur Talita Swanepoel, wat al 25 jaar in die bedryf is, bestuur.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button