Local news

Steve Hofmeyr kom kuier in Mbombela

Dit was ’n uiterste aangename aandjie uit vir gesinne en vriende saam met Steve Hofmeyr by die botaniese tuine.

Steve Hofmeyr het op 19 October tydens ‘n heerlike somersaand by die Botanical Garden Restaurant vir vermaak uit die boonste rakke gesorg.

Hy het van sy ou, maar steeds gewilde treffers, soos “Pampoen”, “Die land” en “Sit die ligte aan” gesing. Sy kitaar is nader getrek en die gaste is met ‘n keurspel van Neil Diamond-liedjies getrakteer.

Natuurlik was daar ook ‘n verrassing vir dié wat sy optrede bygewoon het. Die gehoor was bevoorreg om sy nuwe liedjie, “Mamba”, heel eerste te hoor en die musiekvideo te sien. ‘n Heel gepaste liedjie vir die Laeveld.

Hofmeyr het ook ruiterlik erken dat hy ‘n vrees vir slange het.

LEES OOK: Van kuierverhoog tot hoofverhoog by Innibos

Die aanhangers is meegevoer deur die lied “Kantel”, ‘n duet deur Hofmeyr en Leon Ferreira.

Na die vertoning het Hofmeyr met sy aanhangers gesels en vir foto’s saam met hulle gestaan.

LEES OOK: Drama-ateljee in Marlothpark eindig die jaar op ‘n hoë noot

Volgens die organiseerder, Vanessa Roets, was die aand ‘n reusesukses. “Die konsertgangers het dit terdeë geniet en is dit eens dat Steve steeds gewild is in die Laeveld.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bongekile Khumalo

Bongekile is a junior journalist focusing on community news in Mpumalanga, with also a distinctive interest in impactful human interest stories. She began her career in 2019 and was recognised as an upcoming journalist in 2020.
Back to top button