Local news

Nellie-rugbyseun op herstelpad ná besering

'n Gr. 11-leerder van Hoërskool Nelspruit, MJ van Staden, sterk aan in die hospitaal en is besig om te herstel nadat hy 'n nekbesering tydens 'n derdespanrugbywedstryd teen Hoërskool Monument opgedoen het.

MJ van Staden, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Nelspruit, is tans in die hospitaal besig om te herstel nadat hy tydens ‘n derdespanrugbywedstryd ‘n nekbesering opgedoen het.

MJ-hulle het verlede naweek teen Hoërskool Monument op Nellies se sportterrein gespeel. Dit was ‘n verskriklike tawwe wedstryd en beide spanne het harde rugby gespeel. MJ het gedurende die wedstryd ‘n poging aangewend om ‘n Monument-speler plat te trek, en dit was juis tóé dat hy beseer is.

Volgens ‘n persverklaring deur Hoërskool Nelspruit se beheerliggaam, is MJ deur nooddienste op die veld gestabiliseer. Daarna is hy per ambulans na Mediclinic Nelspruit geneem waar hy verdere behandeling ontvang het, volgens NHS se beheerliggaam.

Volgens ander verslae was MJ ná die voorval gedeeltelik verlam en moes hy Sondag ‘n operasie ondergaan met die hoop dat hy daarna sou kon loop.

Die uitslag van die operasie is nie aan Laevelder bekend nie, maar dit het glo goed gegaan en MJ is nog steeds in hospitaal besig om te herstel. “Die beheerliggaam wens MJ en sy familie alle sterkte toe vir ‘n spoedige en volledige herstel en bedank die skool en breër gemeenskap vir hulle ondersteuning en gebede vir MJ in hierdie tyd,” het die persverklaring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button