Local newsSchools

Glans én kreatiwiteit by Mnr. en Mej. NHS in Mbombela

Die leerders se kreatiwiteit en talent is by dié glansbekroning sterk ten toon gestel.

Hoërskool Nelspruit het op Woensdag, 14 Augustus, behoorlik die rooi tapyt vir die bekroning van Mnr. en Mej. NHS 2024/25 uitgerol.

By dié glansryke bekroningsgeleentheid het 10 paartjies om die gesogte titels meegeding.

Hulle moes onder andere vertonings lewer om elk ‘n borg uit te beeld en aan die gehoor bekend te stel.

LEES OOK: Hoërskool Nelspruit boys make a clean sweep at Noordvaal Schools Hockey Tournament

Hier het die kinders se kreatiwiteit en skerp sin vir humor sterk na vore gekom deur die slim gebruik van draaiboek, musiek en kostuums om hul gekose borge op vermaaklike wyse ten toon te stel.

Tydens die formele deel van die program het die paartjies hul beste glansvoetjies in pragtige pakke en aandrokke voorgesit, wat gesoute Hollywood-sterre na hul asems sou laat snak.

Mnr. en Mej. Fotogenies, Dúvan Wiehman en Zuné Scheepers.

Maar Afrikaners is mos plesierig, en wat sou ‘n aangeleentheid, hoe glansryk ook al, nou wees sonder ‘n bietjie gees?

Dis waar Droomsindroom, die broersduo uit Pretoria, hulle hulself uitstekend van hul taak gekwyt het.

Buiten dat die twee aantreklike jong manne die meisies se knieë lam gemaak het, was die skoolsaal met luidrugtige gille, ritmiese geklap en spontane saamsing gevul – duidelike tekens dat die gehoor Droomsindroom se vertoning gate uit geniet het.

Brendon Rutherford en Simone Lourens.

Die beoordelaars moes goed kopkrap om Mnr. en Mej. NHS te kies, maar uiteindelik was dit Karlo Moolman en Jannay Strauss wat met die louere weggestap het.

Die eerste prins en prinses was Menzi Shiba en Anje Stapelberg, en Dirk Joubert en Nicola Parsons was tweede prins en prinses.

Mathias Smook en Arili Boshoff.

Die kameras het verlief geraak op Dúvan Wiehman en Zuné Scheepers, wat uiteindelik as Mnr. en Mej. Fotogenies aangwys is.

Anton van Niekerk en Levandi Hough het genoeg charisma gehad om as Mnr. en Mej. Persoonlikheid aangewys te word, terwyl Adrian van Wyk se talent vir fondsinsameling hom met die Debutant van die Jaar-titel sien wegstap het.

Laevelder het voorheen berig dat Karlo Moolman en Jannay Strauss as naaswenners weggestap het. Hierdie was foutief en die berig is intussen aangepas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Jacqueline Herbst

Jacqui is an investigative news hound and photographer who has contributed to several prominent publications, including the Sunday Times, The Witness, The Citizen, and a few of Caxton's local titles. She also has experience in TV and radio. Although Jacqui can write about almost anything, her heart is in investigative and sport journalism
Back to top button