Local newsSchools

Komatipoort gimnaste skitter by SA’s

Die twee is albei 16 jaar oud en neem aan vlak 7 ritmiese gimnastiek deel.

Komatipoort se eie Mpumalanga-gimnaste, Courtney Steyn en Katie Williams (albei 16), het op 22 September aan die SA Gym Games in Kaapstad deelgeneem.

Die kompetisie was vir gimnaste tussen die ouderdomme van 16 en 18. Katie en Courtney het beide aan vlak 7 ritmiese gimnastiek deelgeneem. Albei dogters is in gr. 10 – Courtney op tuisskool en Katie ’n leerder by Komatipoort Akademie.

Die kompetisie was uitdagend, maar ons sterre het geskitter. Courtney het uitstekend gevaar en ’n eerste plek in die lintkategorie verwerf, asook ’n algehele derde plek in Suid-Afrika. Katie het ’n 10de plek in beide hoepel en vryhand behaal. Sy was 14de in die lintkategorie en algeheel 11de in Suid-Afrika geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button