Local news

VIDEO: Vroegoggend-gewuif vir busse in Mbombela steel harte

Dis een groot groetende opgewondenheid elke oggend wanneer klein Zetske vir die verbygaande Buscor-busse waai.

‘n Nuuskierige vraag op ‘n Mbombela-gemeenskapsgroep op sosiale media oor waarom die busse elke oggend so in Percy Fitzpatrickstraat in West Acres toet het in groot verbasing verander toe die waarheid uitkom.

Wie en wat veroorsaak die getoetery?

Inwoners, ontmoet Zetske Izeboud, net 22 maande oud, wat die harte van honderde werkers en die Buscor-busbestuurders klokslag elke oggend tussen 06:00 en 07:00 vermurwe wanneer sy vir hulle wuif om vir hulle ‘n geseënde dag toe te wens.

Zetske is bevoorreg om deur die dag by haar oupa en ouma, Willem en Tersia Fourie, te kan bly. Juis in dié straat waar die waaiery begin het. Haar ma, Megan Izeboud, ‘n onderwyseres, en pa, Heinrich, ‘n rekenmeester, sien ook die wonderlike voordele van al die persoonlike aandag wat sy by oupa en oupa kry.

@lowvelder

‘n Nuuskierige vraag op ‘n Mbombela-gemeenskapsgroep op sosiale media oor waarom die busse elke oggend so in Percy Fitzpatrickstraat in West Acres toet het in groot verbasing verander toe die waarheid uitkom. Wie en wat veroorsaak die getoetery? Inwoners, ontmoet Zetske Izeboud, net 22 maande oud, wat die harte van honderde werkers en die Buscor-busbestuurders klokslag elke oggend tussen 06:00 en 07:00 vermurwe wanneer sy vir hulle wuif om vir hulle ‘n geseënde dag toe te wens. Zetske is bevoorreg om deur die dag by haar oupa en ouma, Willem en Tersia Fourie, te kan bly. Juis in dié straat waar die waaiery begin het. Haar ma, Megan Izeboud, ‘n onderwyseres, en pa, Heinrich, ‘n rekenmeester, sien ook die wonderlike voordele van al die persoonlike aandag wat sy by oupa en oupa kry. Maar waar het die liefde vir wiele begin? “Ons dink dit het waarskynlik begin omdat ons haar leer om altyd vriendelik te groet, en die idee van die bus wat in die straat opkom en die mense wat terugwaai is vir haar ongelooflik opwindend. Wanneer ons rondry, wys sy dadelik bakkies, taxi’s en, natuurlik, busse uit. Rooi karre kry egter ‘n spesiale titel: dit is altyd ‘pappa se kar!'” vertel Megan. “Snaaks genoeg stel sy nie veel belang in klein speelgoedkarretjies nie. Sy verkies eerder haar winkelwaentjie of haar baba se stootwaentjie.” Zetske klim glo self daarin en sê: “Ry!” en dan moet pa of ma of oupa of ouma haar daarin rondstoot. Sy het ook ‘n groot liefde vir balle. “Dalk is dit die ronde vorm wat haar aandag trek, net soos wiele.” Om te verseker dat sy steeds sosiale vaardighede opbou, gaan sy Dinsdae Clamber Club toe saam met ouma en Woensdae Pienkvoet-Pret toe saam met haar ma. “Sy doen dit al sedert sy drie maande oud was, en ons sien soveel positiewe resultate daarvan – ons sal dit vir enige ouer aanbeveel,” vertel Megan. Maar het een van die busse al voor die huis gestop? “Nog nie, so ons weet nie presies hoe sy sal reageer as sy kans kan kry om op te klim nie. Zetske is nogal skaam met nuwe mense of in vreemde plekke, maar ‘n eenvoudige high-five breek meestal die ys! Sy is ook absoluut gek oor die klein treintjie by i’langa. Die rit soontoe is vol opgewondenheid en babbel, maar die oomblik wanneer sy opklim, raak sy doodstil. Sy sit met haar handjies netjies op haar skoot en kyk hoe alles verbygaan. Net so nou en dan fluister sy ‘n sagte ‘tjoe-tjoe!’ Ek vermoed as sy ooit ‘n busrit kry, sal haar reaksie heeltemal dieselfde wees – stil verwondering en bewondering.” Die afgelope naweek het hulle haar ook met bloubessies pluk in Witrivier gaan bederf. “Zetske is absoluut mal oor bloubessies en eet dit asof sy probeer om die wêreldrekord te breek – soms voel dit letterlik soos honderde! Ons moes haar natuurlik vat om self te gaan pluk. Sy het die uitstappie vreeslik geniet, veral om tussen die boorde rond te hardloop en die bessies van die bosse af te pluk. Sy het ook die grootste pret gehad om agterop die bakkie te ry, en die dag is afgesluit met ‘n heerlike bloubessiemuffin en ‘n slushie. Teen die tyd wat ons huis toe is, was sy so moeg dat sy byna dadelik aan die slaap geraak het.” Die gesin is verbaas en dankbaar oor hoe iets so klein en alledaags soos om vir ‘n bus te waai so ‘n groot impak op ander kan hê. “Dit herinner ons dat ‘n glimlag of ‘n gebaar ‘n wêreld se verskil in iemand se dag kan maak. Heinrich is baie uitgaande, en ek is die teenoorgestelde. Ek spot gereeld dat Zetske nes haar pa is – sy forseer my al van kleins af om uit my dop te klim, want sy wil altyd vir vreemdelinge waai. Sy maak my regtig ‘n beter mens.” #mbombela #bus #buscor #waai #kinders #cutenessoverloaded

♬ original sound – Lowveld Media

Maar waar het die liefde vir wiele begin?

“Ons dink dit het waarskynlik begin omdat ons haar leer om altyd vriendelik te groet, en die idee van die bus wat in die straat opkom en die mense wat terugwaai is vir haar ongelooflik opwindend. Wanneer ons rondry, wys sy dadelik bakkies, taxi’s en, natuurlik, busse uit. Rooi karre kry egter ‘n spesiale titel: dit is altyd ‘pappa se kar!'” vertel Megan.

“Snaaks genoeg stel sy nie veel belang in klein speelgoedkarretjies nie. Sy verkies eerder haar winkelwaentjie of haar baba se stootwaentjie.” Zetske klim glo self daarin en sê: “Ry!” en dan moet pa of ma of oupa of ouma haar daarin rondstoot. Sy het ook ‘n groot liefde vir balle. Dalk is dit die ronde vorm wat haar aandag trek, net soos wiele.”

Zetske Izeboud saam haar oupa Willem Fourie.

Om te verseker dat sy steeds sosiale vaardighede opbou, gaan sy Dinsdae Clamber Club toe saam met ouma en Woensdae Pienkvoet-Pret toe saam met haar ma.

“Sy doen dit al sedert sy drie maande oud was, en ons sien soveel positiewe resultate daarvan – ons sal dit vir enige ouer aanbeveel,” vertel Megan.

Maar het een van die busse al voor die huis gestop?

“Nog nie, so ons weet nie presies hoe sy sal reageer as sy kans kan kry om op te klim nie. Zetske is nogal skaam met nuwe mense of in vreemde plekke, maar ‘n eenvoudige high-five breek meestal die ys! Sy is ook absoluut gek oor die klein treintjie by i’langa. Die rit soontoe is vol opgewondenheid en babbel, maar die oomblik wanneer sy opklim, raak sy doodstil. Sy sit met haar handjies netjies op haar skoot en kyk hoe alles verbygaan. Net so nou en dan fluister sy ‘n sagte ‘tjoe-tjoe!’ Ek vermoed as sy ooit ‘n busrit kry, sal haar reaksie heeltemal dieselfde wees – stil verwondering en bewondering.”

Die afgelope naweek het hulle haar ook met bloubessies pluk in Witrivier gaan bederf.

Zetske Izeboud op die bessieplaas.
> Foto: Verskaf/Tersia Fourie

“Zetske is absoluut mal oor bloubessies en eet dit asof sy probeer om die wêreldrekord te breek – soms voel dit letterlik soos honderde! Ons moes haar natuurlik vat om self te gaan pluk. Sy het die uitstappie vreeslik geniet, veral om tussen die boorde rond te hardloop en die bessies van die bosse af te pluk. Sy het ook die grootste pret gehad om agterop die bakkie te ry, en die dag is afgesluit met ‘n heerlike bloubessiemuffin en ‘n slushie. Teen die tyd wat ons huis toe is, was sy so moeg dat sy byna dadelik aan die slaap geraak het.”

Die gesin is verbaas en dankbaar oor hoe iets so klein en alledaags soos om vir ‘n bus te waai so ‘n groot impak op ander kan hê.

“Dit herinner ons dat ‘n glimlag of ‘n gebaar ‘n wêreld se verskil in iemand se dag kan maak. Heinrich is baie uitgaande, en ek is die teenoorgestelde. Ek spot gereeld dat Zetske nes haar pa is – sy forseer my al van kleins af om uit my dop te klim, want sy wil altyd vir vreemdelinge waai. Sy maak my regtig ‘n beter mens.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button