Local news

Katoen dankbaar vir skenkings wat begin instroom

Nadat 'n artikel in Laevelder oor ongerymdhede wat glo onwaar was, verskyn het, het skenkings vir die haweloses begin instroom.

Ruimskootse skenkings begin Katoen, die plot vir haweloses, bereik nadat Laevelder in sy 13 Maart uitgawe oor hulle berig het.

Die artikel spruit uit bewerings van wanbestuur wat in die kiem gesmoor is.

Die storie het wye reaksie regoor Suid-Afrika ontlok nadat dit op Laevelder se webtuiste gepubliseer is.

LEES OOK: Katoen | Hemel vir haweloses op hulle knieë vir skenkings

Die is artikel het 30 387 persone op Facebook bereik en is deur 49 208 gesien. Die storie is ook met ons ter perse gaan deur 124 gedeel.

Positiewe kommentaar het ingestroom.

“Diegene wat so oordeel oor Katoen, gaan bly julle vir so ‘n maand daar, dan sien julle waaroor dit gaan en hoe dit daar gaan. Dalk skrik julle wakker en besef wat Willemien doen, is ‘n wonderwerk. Onthou net een ding, jy kan vandag alles hê en die Here kan dit in ‘n oogwink wegvat. Daar is te veel mense daar buite wat dink hulle is better as ander. Wel, kom ek stel dit so, jy is niks beter as die Hemelse Vader nie, maak julle oë oop en hou op om minderbevooregte mense te judge. Julle is nie die Here nie! Hy is al een wat kan judge,” het Francina Bronkhorst onder andere geskryf.

@lowvelder

’n Hemel vir haweloses, twee maaltyde per dag en ’n kans op ’n tweede begin. Dit is Katoen. Net buitekant Witrivier. Maar ’n onlangse sosiale medialasterveldtog wat blyk totaal onnodig was, het van die donateurs laat onttrek, kosvoorrade is skraps, en die klein hawelose gemeenskap staan nederig en vra vir skenkings. Willemien Reynecke het nege jaar gelede dié heenkome vir haweloses op die been gebring. #shelter #homelesspeople #skenkings #poorpeople #pleasehelp #whiteriver #katoen

♬ original sound – Lowveld Media

Die eienaar van die hawe, en ook bestuurslid, Willemien Reynecke, het Laevelder Saterdag, 15 Maart, meegedeel dat skenkings begin instroom het, onder andere ‘n luukse vleisie.

Die sowat 60 inwoners kon Sondag 16 Maart heerlik aan wors, pap en sous met pampoen en kool smul.

Vir die inwoners, ‘n hemelse Sondagmaal.

“Namens die bestuur, sê ons net dankie aan Laevelder asook aan Buks Esterhuizen (algemene bestuurder/streeksbestuurder – Laeveld Media) vir die berig wat in die koerant verskyn het. Ons wil weer eens dankie sê, die skenkings begin inkom en ons waardeer dit opreg. Ons sê ook dankie aan die publiek vir die skenkings wat hulle aan Katoen gee,” luidens Reynecke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button