Local news

Laevelder vereer Nobel-vredepryswenners op keramiekborde

Bekende Laevelder, Anton Bosch, het pas ’n kommisiewerk vir The Conduit in Noorweë afgehandel.

Die wêreldbekende en gewilde Laeveld keramiekkunstenaar, Anton Bosch, het pas sy sesde kommissiewerk wat hulde aan vorige Nobel-vredepryswenners bring, voltooi.

Bosch het aan Laevelder vertel dat hy onlangs ‘n kommissieopdrag van ‘n interieurontwerpmaatskappy vir The Conduit in Oslo ontvang het.

The Conduit is ‘n gemeenskapsby-mekaarkomplek in Oslo, Noorweë, wat op positiewe veranderinge in die samelewing fokus en dit bring entrepreneurs, beleggers en aktiviste bymekaar om te netwerk. The Conduit is ook vir funksies beskikbaar en bied betekenisvolle programme aan.

Dit kom dan as geen verrassing nie, want die kommissieopdragwerk wat Bosch ontvang het, was om van die vorige Nobel-vredepryswenners, ses uit te sonder, en hulle op sy keramiekborde te verewig.

LEES OOK: Bosch se kunswerk gaan VSA toe

Bosch sê dit was aanvanklik moeilik om die keramiekhangborde te skilder. “Die persone kon vanselfsprekend nie voor my sit dat ek hulle kan skets nie, so ek was afhanklik van foto’s wat ek van die internet af getrek het. Dit is gedruk en van daar af het ek op die borde begin skilder,” vertel hy.

Maar iets wat die borde uniek maak, is die feit dat hy elke individu se toespraak wat op die gegewe prysgeleentheidsaand van die Nobel-prysprysuitdeling deur die wenner gelees is, met ‘n kwas op die borde geskryf het.

“Ek het elkeen se toespraak langs hulle gesigte met ‘n kwas geskryf. Dit was intens, want ek kon nie ‘n fout met die spelling maak nie. Alles is in kobaltoksied en porseleinkryt gedoen, en die borde is na die tyd geglasuur.”

Al ses die kunswerke pronk op porseleinborde wat Bosch self gemaak het.

“Dit het lank gevat. Ek sou sê, vandat ek die borde gemaak het, het dit my seker, per gesig sowat ‘n maand geneem om elkeen te voltooi,” sê die kunstenaar rustig.

LEES OOK: Kreatiwiteit vloei dik in die Bosch-familie se bloedstroom

Ongeveer ses maande later, nadat hy die Dalai Lama voltooi het, het hy sy kommissiewerk afgerond. Volgens Bosch vergestalt dié kunswerk die voortgesette boodskap, dié van vrede, moed en deernis, van die Nobel-vredespryswenners.

Die ses wenners wat in sy komissiewerk gebruik is, is Desmond Tutu, 1984: Dalai Lama, 1989: Nelson Mandela, 1993: Shirin Ebadi, 2003; Leymah Gbowee, 2011 en Malala Yousafzai, 2014.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button