Local news

VIDEO: Wouter Basson se ‘Wedervaring’ laat Nagkantoor met wyse woorde kook

Sowat 170 gaste was nie teleurgesteld deur dr. Wouter Basson se gesprek in die Waenshuis by Nagkantoor nie.

Die immergewilde Nagkantoor-kuierkroeg het verlede naweek uit sy nate gebars met gaste in afwagting vir dr. Wouter Basson se Wedervaring-gesprek by die Waenhuis.

Sowat 170 mense was Saterdagaand gemus en geserp teen die winterkoue wat niemand teruggehou het nie, en met groot geeste soos Eugene de Kock en dr. Piet Croucamp, was die tafel gedek vir ‘n aand vol insae.


Die gaste het reeds vroeg opgedaag, gepantser met sjerrie en wyn, en het in ‘n tou gestaan vir Elaine Blignaut se spit-oppie-bun in ‘n kardoes.


Die bekende Laeveldse apteker en sanger, Willie Nel, het gesorg dat die kroeggangers in die regte luim die Waenshuis met sy musiek betree.

@lowvelder

Willie Nel vermaak die gaste wat in afwagting vir Wouter Basson se toespraak by Nagkantoor wag. #wouterbasson #willienel #nagkantoor #kaapsehoop

♬ original sound – Lowveld Media

Wedervaring het met ‘n skyfievertoning deur Joubert de Roubaix van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte Assosiasie begin en, dit het meer oor die paar afdelings waaruit die organisasie bestaan, verduidelik.

Die gehoor was oorgehaal toe Basson die intieme verhoog bestyg het.

@lowvelder

Die tweede deel van Dr Wouter Basson se toespraak het afgeskop en die gehoor luister aandagtig hier by Nagkantoor op Kaapsehoop. #nagkantoor #kaapsehoop #wouterbasson

♬ original sound – Lowveld Media

In die eerste helfte van die program het hy oor sy meestersgraad wat hy in biochemie behaal het, en sy BCom-graad in bankwese gepraat.


Basson het ook oor hoe sy mediese loopbaan as ginekoloog, en later as kardioloog, gesels.

In breë trekke het hy van die teenvoeter wat hy vir biochemiese wapens in die bosoorlog ontwikkel het vertel, asook die navorsing wat hy moes toepas – waarvoor hy tot op datum in die howe van Suid-Afrika aangekla word – en hoe hy telkens daarin geslaag het om met sy eie vernuf en kundigheid skotvry daarvan af te kom .


Na die sowat een en ‘n half uur se gesprek, was daar ‘n kort pouse en die gaste kon gaan bene rek.

Foto: Verskaf/Isobel Jackson

Tydens die tweede deel van Basson se gesprek kon jy ‘n speld hoor val.

Hier het hy vertel hoe hy tot vandag steeds sterk teen die aanslae staan.


Met sy spitsvondigheid en fyn humorsin het hy die gehoor in die tweede helfte terugverwelkom met: “Hoekom julle terug is, verstaan ek nie, maar dit moet seker móér koud daar buite wees.”

@lowvelder

Die tweede deel van Dr Wouter Basson se toespraak het afgeskop en die gehoor luister aandagtig hier by Nagkantoor op Kaapsehoop. #kaapsehoop #drwouterbasson

♬ original sound – Lowveld Media

Dit het die gaste in die regte bui geplaas op dít wat uit die mond van Basson sou kom.

“Vanaf 1992 tot op datum was, en is dit rof,” het hy begin.


Hy moes teen die hele staat, wat hom probeer onderkry het, baklei en dit was vir hom ‘n netelige saak.

“Maar in my proses het ek geleer dat ek foute gemaak het, maar ek het ook daaruit geleer,” het Basson vertel.

Deur trial and error het hy vir hom ‘n resep uitgewerk om teen die aanslae te baklei en dit te oorleef. En dit was hier waar die gaste aan sy lippe begin hang het.

“Ek kan nie almal se probleme oplos nie, maar ek kan riglyne gee.”

Basson het uitgebrei oor hoe ‘n persoon in ‘n tydperk van stres oorleef en die metafoor van winter gebruik om die aanpasbaarheid daarvan te demonstreer.

“Aanpasbaarheid in die winter bring weer balans, en in die koue leer ‘n mens om warm te wees. Winter leer ‘n mens ook van die donker, maar daar is altyd lig.” Die hele gehoor was doodstil. Basson het uitgelig dat jou liggaam, omgewing, geloofs- en psigiese lewe daar is om konflik te hanteer.

Daarna was daar tyd vir vrae uit die gehoor en een van die gaste wou weet of hy ‘n wrok teen die ou bedeling koester.

Basson se antwoord was eenvoudig: “Haat, weerwraak en wrok – ek leef nie daarmee nie. Dit maak ‘n persoon se lewe onplesierig en jy mors jou energie. Die oomblik as jy ‘n wrok koester, begin jy dink, hoe kan ek wraak neem? Die lewe is te kort en ‘n mens kan nie daardie energie mors nie, wend dit positief aan.”

Die stof wil maar net nie gaan lê nie.

Daar is weer ‘n saak teen Basson aanhangig gemaak, en die vraag het ook uit die gehoor gekom, waarop hy kalm geantwoord het:

“Dogs are still chasing and they opened another case, op my onetiese en militere gedrag, but we will fight that one too when it comes along.

Die aand was gewis insiggewend.

Theo van Huyssteen, die organiseerder, het bevestig dat almal aan Basson se lippe gehang het.


“Hy het sy lewenswedervaringe tydens sy dienstydperk in die spesmagte (spesiale magte) met almal gedeel, en met sy verstommende intellek, skertsende humorsin en en kwinkslae het hy die hele gehoor vir twee ure vasgenael gehou.”

Dit was die tweede recce-storieaand wat in Kaapsehoop, dié pragtige kunsdorpie bo-op die rand van die Laeveld se Drakensberge, aangebied is.


Elaine Blignaut, wat gesorg het vir die kos, het laat val dat dit uit die boonste rakke was.

“Dit was een gatskop-show en een vir die boeke. Ware legends het bymekaar gekom for a epic, one-of-a kind experience. It was priceless.”

Met vergunning van NUUSPOD

De Wet Potgieter en Isobel Jackson van die bekroonde Nagkantoor, is ewe dankbaar vir die afgelope naweek.

“Dit was ‘n unieke geleentheid om gasheer te kon speel met veterane uit ons verlede,” het Jackson gesê

Nog groot produksies word by Nagkantoor se Waenhuis beplan. Saluut vir Nagkantoor vir ‘n puik-oppieplanke-produksie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button