Hoërskool Rob Ferreira kry nuwe toevoeging tot skoolsaal
Almal gaan gemaklik kan sit en hoef nie meer in die winter in die skuur te wees nie.
Hoërskool Rob Ferreira het op 25 Junie hulle nuutste toevoeging tot die skoolsaal gevier met ’n sooispitseremonie. Lede van die beheerliggaam, personeel en oud-Robbies het dié spoggeleentheid bygewoon, en elkeen het ’n stukkie grond gespits.
LEES OOK: Witrivier as Kwêla Dorp van die Jaar-finalis aangewys
Twee oud-Robbies, Johan Malan en Jacques Terblanche, het die nuwe deel van die saal ontwerp, en Orbic Architects sal die bouwerk behartig.
“Ons is baie opgewonde oor die nuwe saal en sien uit daarna dat die matrieks hul eindeksamen almal saam daar kan skryf,” sê hoof Dawie Oberholzer.
Hy het verduidelik dat die huidige saal te klein is, en dat dit nou vergroot word sodat almal gemaklik kan sit – en nie meer in die winter in die skuur hoef te wees nie.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit se dogterstennisspan hou trofee vir 4de jaar
Die nuwe struktuur is só ontwerp dat dit aan net een kant van die saal bygevoeg word, met genoeg ruimte aan die ander kant vir ’n moontlike toekomstige uitbreiding.

Die fondasie is reeds gelê, en die leerders en personeel sien uit na die bykomende funksies en geleenthede wat in die nuwe skoolsaal aangebied gaan word.
