Local news

Tonge klap vir Jacobregop-film wat oor grense stoot

Jacobs wou graag deel van die film wees omdat dit ’n geskiedkundige mylpaal in die Afrikaanse filmbedryf sou wees.

Francois Jacobs, bekend vir sy rolle in Afrikaanse komedies, het sy eerste toekenning vir beste manlike byspeler vir sy rol in Khaki Fever op 24 Augustus by die Silwerskermfees in Kampsbaai ontvang.

Hy is ‘n oud-Nellie en het al naam gemaak in gewilde films soos Kaalgat Karel en Vir die voëls.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir die nominasie en toekenning,” het Jacobs gesê.

Hy wou graag deel van die film wees omdat dit geskiedkundig sou wees, aangesien dit die eerste Afrikaanse seksfliek is.

LEES OOK: Gospelgroep Herleef skiet hul musiekvideo by Innibos

Hy het laggend vertel dat die regisseurs in Kaalgat Karel gesien het hoe gemaklik hy sy klere voor die kamera uittrek, en dat dit waarskynlik die rede was waarom hy vir die rol van Albie gekies is. Hy het die aand van die fees spottend gesê dat kykNET hom nou moes betaal om sy klere aan te hou.

“Die film gaan nie net oor seks nie. Dit het ook ‘n groter storielyn wat ander dieper onderwerpe aanraak, soos die liefde tussen familielede en vriende,” het hy verduidelik.

Jacobs het erken dat die film kontroversieel vir sommige Afrikaners kan wees, nadat mense op Facebook kommentaar gelewer het dat die film ‘onheilig’ is en die Afrikaanse filmbedryf oor die vervaardiging van sulke flieks bevraagteken het. Rooies Strauss, bekend as Pastoor Rooies, het selfs ‘n petisie op Facebook begin om mense aan te moedig om die film by die SA Klagtekommissie te rapporteer om dit van Showmax te verwyder. Hy het beweer dat flieks soos dié molesteerders kweek en dat deelnemers van die petisie die aanlyn stromingsdiens sal boikot indien hulle aanhou om dit te wys.

“As jy wil terugsit en lag, dan is hierdie die fliek vir jou,” het Jacobs gesê.

Die komedie gaan oor ‘n groep veldwagters, wat op ‘n privaat wildsplaas werk, wat mekaar uitdaag om te sien wie met die meeste toeriste tydens ‘n vakansieseisoen kan slaap.

LEES OOK: Laeveld kunstenaars waag en wen by Afri-Indie

Die film is deur Brett Michael Innes en Nick Ahlers geskryf wat voorheen vir natuurbewaring gewerk het en inspirasie van voormalige wildbewaarders se stories gekry het. ‘Khaki fever’ is ‘n term wat verwys na toeriste wat op wildbewaarders verlief raak in hulle khaki-uniforms en dinge soms wild kan raak.
Innes het in ‘n onderhoud met Silwerskermfees gedeel wat die kykers kan verwag.

“Hierdie is ‘n fliek vir mense wat van vulgêre komedie met ‘n hart hou, en of jy konserwatief is of nie van hierdie styl van humor hou nie, sal jy binne die eerste 30 sekondes weet dis nie vir jou nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button