Local news

Afrikaanse skrywer M.E.R. se skryfklip vind nuwe tuiste by Nellies

Marius Bakkes, 'n welbekende Laevelder, het die projek begin en vir jare die sogenaamde skryfklip probeer opspoor.

Miemie Wilhelmina Rothmann (M.E.R), se geskiedkundige klip is op 28 Augustus, wat haar 150ste verjaardag sou wees, by Hoërskool Nelspruit bekend gestel.

Marieta van der Vyver, die bekende Afrikaanse skrywer, het Maandag op Lentedag, by die skool gaan kuier om haar nuwe boek bekend te stel en sy het ook in die skooljoernaal by die skryfklip geskryf.

Marius Bakkes staan by die skryfklip.

M.E.R, wat op 28 Augustus 1875 gebore is, was een van die eerste vroue in Suid-Afrika om ‘n BA-graad te behaal, een van die eerste vroulike Afrikaanse joernaliste, ‘n vegter vir vrouestemreg en selfs ‘n ondervoorsitter van die Kaaplandse Nasionale Party. As skrywer het sy ook die Hertzog-prys vir haar kinder- en jeugverhale verower.

LEES OOK: Nee, dit is níé die einde van koerante nie, al val die inkdrom soms om

Marius Bakkes, ‘n bekende Laevelder, het die projek begin en vir jare die sogenaamde skryfklip probeer opspoor.

“Ek en twee vriende, Johan van Zyl en Wicus Coetzee, het die klip sowat 18 jaar gelede op ‘n werf hoog teen die helling van Mount Carmel by Barvale gevind,” het Bakkes gesê.

Die laaste keer wat hy die klip gesien het, was toe die bekende Laeveldse sakeman, Paul Blanken en sy skoonseun, die plaas gekoop het.

Hy het Blanken by ‘n geselligheid raakgeloop en gehoor dat die plaas aan ‘n buitelander verkoop is en dat daar besluit is om die klip uit te haal. Hulle het toe ooreengekom om die klip na Hoërskool Nelspruit te neem, waar dit op die grasperk voor die museum geplaas is; dis ook waar die ou Nel-ossewa bewaar word. Dit was gepas aangesien Hoërskool Nelspruit die eerste Afrikaanse hoërskool was en die skool vanjaar Afrikaans se eerste eeufees daar gevier het.

LEES OOK: Oud-elektrisiën van Mbombela skenk boks geskiedenis

“In 1917 gaan bly MER. by haar broer op ‘n plaas in die Laeveld en sy begin al hoe meer skryf,” vertel Bakkes. In Junie daardie jaar verskyn haar eerste bydrae in die tydskrif, Die Brandwag. Dit was ‘n gediggie oor ‘n moederkappieblom. Drie jaar later word sy, met die oog op ‘n permanente aanstelling, vir ‘n proeftydperk van ‘n maand by Die Boerevrou aangestel, die eerste Afrikaanse vrouetydskrif wat in 1919 deur Mabel Malherbe begin is.

“Op plekke in haar groot geskrewe nalatenskap verwys sy na ‘n groot plat wasklip wat haar broer vir haar op hulle werf gemaak het en wat vandag as Mount Carmel bekend staan,” sê Bakkes.

Sy het nog na die plaas as Dzoaan en Dzoaankop verwys wat moontik na ‘n plaaslike Swazi-stamkaptein vernoem is. “Vroeër was daar heelwat sulke wegloper-stamkapteins wat saam met hulle volgelinge hier kom skuil het, om van die gesag van die Swazi-koninghuis weg te kom,” het Bakkes gedeel.

Werkers skuif die klip.

LEES OOK: Mbombela Biblioteek ’n ‘stiefkind’ vol historiese juwele

So was daar ook Sudwala, en Mastafeni nader aan Nelspruit en Mjejane in die Onderberg. Op ‘n buurplaas het MER, met ou mense wat nog as kinders die Groot Trek meegemaak het, kontak gemaak. Sy het hulle verhale en herinneringe by die wasklip,l wat amper soos ‘n skuins skryftafel lyk, opgeteken.

Sy het met haar bene onder die klip ingeskuif, en gaan sit en Kinders van die Voortrek, aanvanklik met die hand geskryf. Die boek is in 1961 met die titel, Die tweeling trek saam, heruitgegee en die Scheepers-prys vir jeugliteratuur is aan haar aan haar toegeken.

“Die plan is nou om die klip van ‘n mooi inskripsie oor die agtergrond daarvan, te voorsien en ‘n inwyding te hou. Ons hoop ook om die aktrise Bettie Kemp hier te kry met ‘n opvoering van haar eenvroustuk oor die lewe van MER, wat sy oor die jare al doen en wat haar laaste sal wees,” het Bakkes gesê.

Die datums vir hierdie opvoerings sal nog bekend gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button