Local newsUpdate

Ruim skenkings laat Katoen se water nou vinniger kook

Laevelders se steun aan Katoen word opreg waardeer deur die inwoners.

Laevelders se harte is ruim, en Katoen pluk die vrugte van dié vrygewigheid.

Sedert ‘n opvolgartikel oor Katoen twee weke gelede in Laevelder gepubliseer is, het skenkings weer begin instroom.

BUCO se ruim skenking. > Foto: Verskaf
BUCO se ruim skenking. > Foto: Verskaf

Die vordering by Katoen was duidelik sigbaar toe Laevelder op 23 Maart saam met Randel van Heerden, direkteur van Swiss4Afrika en We4SA, en sy vrou, Stephanie Perillard, die hemel vir haweloses besoek het.

Opgraderings was merkwaardig, veral die selfversorgende tuine voor elke woning wat boekdele spreek van die inwoners se toewyding.

LEES OOK: VIDEO: Katoen – ‘n skuiling en gemeenskap van hoop

Tydens die besoek is daar ook groot opgewondenheid uitgespreek oor die verwagte aflewering van ‘n splinternuwe houtgestookte warmwaterstelsel. Katoen maak tans nog gebruik van die ou ‘donkie’-metode om water te verhit, maar dit behoort binnekort iets van die verlede te wees.

“Danksy die vrygewigheid van ons ondersteuners het We4SA, saam met gemeenskapsleiers van Mbombela en Witrivier, ‘n splinternuwe Rocket 250 Mk2-houtgestookte warmwaterstelsel vir Katoen aangekoop. Hierdie 250 L-stelsel, met sy ingeboude vuurkas en demper, sal binnekort geïnstalleer word en betroubare warm water aan die sowat 60 inwoners verskaf,” het Van Heerden gesê.

Volgens Willemien Reynecke, wat in beheer van Katoen staan, het BUCO Nelspruit sedert die publikasie van die artikel ook bygedra deur drie kruiwaens, drie grawe en drie tuinvurke te skenk.

Daar word tans ook beplan om ‘n opedag aan te bied waartydens die gemeenskap Katoen kan besoek en meer oor die projek kan leer.

Hou Laevelder dop vir meer besonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button