Local news

Dankbare harte op Mandeladag ná Laevelder-besoek

Katoen en Damaskus inwoners se harte loop oor ná skenkings.

Dankbare harte was verlede Vrydag aan die orde van die dag by Katoen buite Witrivier en die Damaskus-plaas op die Claremontpad.

Met die ruim harte van Laevelder se personeel, kon sakke vol klere en linne geskenk word, sowel as toiletpapier en stampmielies.

LEES OOK: Gemeenskap stroom saam vir suksesvolle Katoen-opedag

In die lig van Mandeladag, wat Saterdag gevier is, het Laevelder die twee instellings Vrydag besoek.

Laevelder bedank Daleen Meintjies van Dee’s Catering vir haar skenking van heerlike hamburgers en varsgebakte koeke en Rocky’s Butchery vir die skenking van wors.

Die dankbaarheid was groot tydens Laevelder se besoek en Pastoor TJ Maré van die Damaskus-plaas het op sy beurt gesê: “Ons juig in dankbaarheid vir die goedheid en guns en waardeer julle opreg.”

Willemien Reynecke van Katoen het ook haar waardering uitgespreek oor die skenkings.

“Baie dankie – hier rek ons alles en alles wat ons kry, waardeer ons en word gebruik,” het Reynecke gesê.

Laevelder beplan om die twee instellings weer in die nabye toekoms te besoek in samewerking met die Steelwings-motorfietsklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button