Local news

Oud-Nellie verwerf Eskom toekenning

Stef Kriel, 'n oudleerling van Hoërskool Nelspruit, is as Eskom se nasionale beste ingenieur in kragopwekking aangewys.

Stef Kriel (39), ’n Hoërskool Nelspruit-alumnus, is op 30 Oktober aangewys as Eskom Nasionaal se beste ingenieur in kragopwekking tydens die Eskom Generation-prysuitdelingsaand in Midrand.

Kriel dien sedert 2011 by Eskom. Hy het daar begin as ingenieur in opleiding en werk tans as senior ontwerpingenieur by die Koeberg-kragsentrale.

Stef Kriel. >Foto: Facebook/Stef Kriel
Stef Kriel. >Foto: Facebook/Stef Kriel

Die titel is aan Kriel toegeken uit ’n groep ingenieurs en bestuurders van elke Eskom-kragstasie wat jaarliks aangewys word. Daarna word die algehele wenners tydens die Generation-prysuitdeling aangekondig.

“Dit was ’n groot voorreg om gekies te word. Daar is tans soveel uitstekende ingenieurs wat vir Eskom werk, dus was dit ook ’n groot verrassing om uitgelig te word. Ek wil graag dankie sê aan die Here wat my deur my loopbaan tot dusver gedra en gelei het, en aan my gesin en familie vir hul ondersteuning deur die jare,” sê Kriel.

ALSO READ: Kruger National Park hosts symposium to spotlight ancient cultural heritage

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button