TA017390
KENNISGEWING VAN GRONDONTWIK-
KELINGSAANSOEK
Ons, Indurain Urban Planners (Edms) Bpk, het `n grond-
ontwikkelingsaansoek
(AM/26/00451 & RT/26/00019) by die Stad Mbombela Plaaslike Munisipaliteit ingevolge die Mbombela Grondgebruikskema, 2019, en die Mbombela Bywet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuur, 2019, op Erf 150, Sonheuwel Dorp, ingedien vir die verwydering van beperkende titelvoorwaardes B(a), B(c), B(c)(i), B(c)(ii), en B(d) van Titelakte Nr. T4065/2026, tesame met die hersonering van die eiendom na “Besigheid” vir `n Kantore, Verversingsplek, Openbare Vervoerstaanplek en Diens Kleinhandel. Die betrokke eiendom is gele te Gerrit Maritzstraat 2, Nelspruit, 1200, by die volgende kordinate: 2528`47.3″S 3058`41.9″O.
Die doel van die aansoek is om die verouderde en beperkende titelvoorwaardes te verwyder en die nodige grondgebruiksregte te verkry vir `n nuwe gemengde- gebruik ontwikkeling bestaande uit `n pendeldepot, professionele kantore, dienskleinhandel en `n koffiewinkel. `n Afskrif van die aansoek en ondersteunende dokumentasie is beskikbaar vir besigtiging gedurende normale kantoorure by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grond-
gebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wat gekontak kan word by die volgende kontaknommer: 013-759-2185. Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, ten opsigte van elke onderskeie aansoek, moet in die voorgeskrewe formaat by die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200, ingedien word; of afgelewer word by die Registrasie- afdeling van Rekords, 1ste Verdieping, Burgersentrum,
1 Nelstraat, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos gestuur word na: registry@mbombela.gov.za teen nie later nie as 12 September 2026. Die formaat vir die kommentaar of besware is beskikbaar by die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur by die bogenoemde adres of op die munisipaliteit se webwerf
(www.mbombela.gov.za).
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende kantoorure met enige personeellid van die kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur-afdeling konsulteer en hulp sal verleen word om daardie persoon se besware of kommentaar te transkribeer.
Aansoekers se Kontakbesonderhede:
Fisiese Adres: Eenheid B4, De Blok Kantoorpark, 102 Ferreirastraat, Nelspruit, 1200
Telefoonnommer: 013-854-0111
E-posadres:
jenna@indurain.co.za
Reference Number: TA017390