BlogsOpinion

Dienslewering, die pyn en vreugde

Lagwekkend of skokkend? Hoe ervaar jy diens in die hoofstad?

‘n  Scenario in ‘n selfoonwinkel loop as volg af:  ‘n Dame gaan in omdat haar selfoon foutief is, meer spesifiek lyk dit of die skerm nie werk nie,  en verwag dat die diensverskafferr kan assisteer en of raad gee oor die probleem.  Die antwoord wat sy ontvang lui so: Mevrou daar is fout met jou selfoon. Lagwekkend of skokwekkend?

Is hierdie soort diens die gevolg van ‘n gebrek aan opleiding of  slegs die uitvloeisel van ‘n negatiewe houding. Dat dienslewering agteruit  gegaan het is reeds ou nuus aan meeste mense.

Talle vrouens en bejaardes word uitgebuit  in soortgelyke situasies. Dames en bejaardes. Ons mag aandring op dieselfde tipe diens as die volgende persoon en ons mag vrae vra totdat ons verstaan – al kom dit dalk dom voor vir die diensverskaffer.  Is dit nie hoekom ons na hulle gaan vir hulp nie?

Dit is aanvanklik baie moeilik omdat mens nie eens weet watter soort vrae om te vra nie. Moenie altyd dit wat ‘n persoon aan die anderkant van  ‘n toonbank se as wet aanvaar nie. Wees beleefd en vra totdat jy tevrede voel met die antwoorde wat jy as klient ontvang.  Vra wat die moontlike redes is hoekom die persoon sekere uitlatings maak. Vra die naam van die persoon wat u help.  Dit mag aanvanklik senutergend, wees maar sodra jy meer vertroue in jouself gekry het sal dit makliker begin raak.

Moenie net aanvaar as iemand vir jou se: “Mevrou, jy het jou selfoon laat val en dis hoekom dit nie werk nie.  Veral as jy weet dat  jy alles in jou vermoe doen om jou besittings op te pas omdat jy duur daarvoor te betaal het nie.  En hierby meen ek nie ons moet oneerlik omgaan en diensverskaffers uitbuit nie.  Vra wat anders kon hierdie probleem veroorsaak het, en as die persoon onseker lyk,  vra vir ‘n meer senior persoon wat dit aan jou kan verduidelik. Vra wat is die opsies en hoe lank dit gaan neem en hoeveel dit gaan kos.  Vra watter opsies beskikbaar is. Ons betaal duur vir sekere dienste en stap baie maal sonder enige vreugde uit ‘n winkel uit.

Die dame het uiteindelik na ‘n ander diensverskaffer gegaan waar hul haar baie vriendelik en professioneel gehelp het en mooi aan haar verduidelik het  hoe die prosedures werk en dat daar egter ander opsies beskikbaar is. Daar is nog goeie diens daar buite. Raar maar waar.

Die anderkant van die munt is dat mense al so negatief voel teenoor swak dienslewering dat daar baie maal met ‘n “bakleierige” houding ingegaan word en dan uit die staanspoor konflik uitlok. Praat met die persoon  wie jou help soos jy wil he iemand met jou by jou werkplek moet praat.

Hou ons as kliente swak dienslewering in stand met negatiewe houdings of por ons beter dienslewering aan deur ware ongeregtigheid met ‘n goeie houding uit te wys? Ons is geneig om makliker ‘n klagte in te dien vir slegte diens as wat ons ‘n dankie-se briefie te skryf vir goeie diens!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button