Opinion

Bestaan daar nie meer so iets soos eerlikheid, opregtheid en waardering nie?

Agt-en-twintig-jaar gelede was die wal voor my huis met olifantsgras en gemors oorgroei en ek het dikwels inbrake gehad omdat diewe daar geskuil het.

Margaret Kotze skryf:

Agt-en-twintig-jaar gelede was die wal voor my huis met olifantsgras en gemors oorgroei en ek het dikwels inbrake gehad omdat diewe daar geskuil het. Talle versoeke aan die munisipaliteit en spoorweë het op dowe ore geval.

Dus het ek en ‘n vriendin met ons tuinhulpe weke gewerk om alles skoon te kry. Geleidelik het ek begin plant en die wal het pragtiger geword as wat ek ooit kon hoop.

Vriendinne het plante en saad gebring en ek het kunsmis en munisipale water gebruik om dit te versorg. Selfs Godfrey Nkosi en David Mabuza het verstom gestaan oor die blommeprag.

Met hul aanmoediging het my liewe buurvrou nog duur plante by kwekerye gaan koop en ons het selfs die hele area voor Sara (my buurvrou links van my) se huis getakel met ‘n pik en ook daar geplant.

Verlede Woensdagnag het diewe met ‘n bakkie egter ons mooiste aalwyne en vetplante kom uitpluk en is daamee vort.

Weet hulle nie dat daar in die Bybel staan jy moet respek vir die natuur en die plante hê nie? So, hulle straf sal hulle kry.

Woestynrosies kos R25 een by die kwekery. Daar is hope gesteel, neergegooi saam met die Lydenburgensis, ons eie inheemse vygie. Ek glo nie dat die skelms oor hierdie kennis beskik nie.

Na baie trane probeer ek nog red wat ek kan, maar my kragte word min, die pensioen nog minder en vir watter voornemende diewe doen ek dit?

Bestaan daar nie meer so iets soos eerlikheid, opregtheid en waardering nie? Ek wil hier bysê dat daar reeds talle plante uitgepluk is. Ek het bordjies laat maak waarop ek mooi vra dat die plante daar is om die omgewing te verfraai. Skoolkinders het dit uitgeruk en weggegooi. Kan enige iemand my van goeie raad voorsien of moet ek maar handdoek ingooi?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button