Opinion

Sterkspruit inwoners moedeloos oor waterprobleme

Ons inwoners van Sterkspruit Estates is al moedeloos oor die aanhoudende waterprobleme

M. Mzietsmann van Sterkspruit skryf:

Ons inwoners van Sterkspruit Estates is al moedeloos oor die aanhoudende waterprobleme! As dit nie vir die myne en ander besighede is wat ingryp nie, weet ek nie wat van ons en die dorp sal word nie. Dis ‘n mors van tyd om die munisipale kantoor te bel, want daar kry mens ook geen antwoord nie.

Na ek aangedring het om met die persoon in beheer van die tegniese afdeling te praat, is ek na Africa Ngomane verwys. Ek was regtig verbaas, want ek onthou dat nie te lank terug nie hy een van die loodgieters in die dorp was. Hoe is dit moontlik dat die man skielik n “manager” is? Dis skokkend dat dié mense aan die stuur van sake in Lydenburg is! Ek wonder maar net.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button