LifestyleOpinionPeople

Generasie Y, hoe nou gemaak?

Hoe ontsnap ons die verwarring? Wat is dit wat die lewe soms vir jongmense moeilik maak? Vorige generasies wat inmeng, wil dit voorkom. Nadat verlede week gesien het wat ons by Doktor Phosa kan leer, kyk Nelspruit Post na Generasie Y se geite en wat ons daaraan kan doen.

Om nie meer ‘n kind te wees, is nie kinderspeletjies nie. Veral nie vir ‘n lid van Generasie Y (gebore tussen 1980 en die jaar 2000) wat te veel vrae wil vra in ‘n komplekse Suid-Afrika nie.

Nelspruit Post het ‘n onderhoud gevoer met historikus en vryskutskrywer mnr Emile Coetzee. Emile is ook ‘n geskiedenisdosent aan die NWU se Mafikeng-kampus en het met ons gesels oor die uitdagings wat vandag se jongmense in die gesig staar. Voordat Generasie Y verstaan kan word, is‘n kykie na sy mees onlangse voorgangers nodig.

Die Baby Boomers is tussen 1946 en 1964 gebore. “It’s not about what your country can do for you, it’s about what you can do for your country,” is die toespraak wat deur die VSA se President John F. Kennedy gelewer is toe die Boomers sy volwassenheid bereik het. Sy woorde het ‘n vaste plek in hul gehue gevind. Coetzee sê dat dit ‘n groot impak gehad het op hierdie generasie. Hy noem ook dat jou rassegroep in ‘n destydse Suid-Afrika in ‘n groot mate jou lewensuitkyk bepaal en die Nasionale Party administrasies skouer aan die wiel gesit om die Afrikaanssprekende blanke, en sekere Engelssprekende landsgenote, in hul sosiale welstand te verhoog. Die laaste jare van hierdie generasie het sosiale norme begin bevraagteken.

Generasie X (gebore tussen 1966 en 1976) het hierop voortgebou en om ánders te wees is aangemoedig. Sosiale bewegings wat die norm bevraagteken het meer na vore gekom. In teenstelling met JFK se vraag, sou hierdie groep vra: “Wat kry ék hieruit?” Om geleerdheid te bekom is vir hulle ‘n prioriteit. Hulle wil bou aan hul eie sekuriteit en geluk. Baie lede van hierdie generasie het ‘n spesifieke beeld van wat geluk is en jag dit ten alle koste na.

“Hoekom?” is die woord wat Generasie Y die beste beskryf. Hierdie generasie bevraagteken alles. Hulle waardesisteem verskil van hul voorgangers se: “Wat van die land of die volk of myself?” benadering.

Wat maak die lewe ‘n uitdaging vir ‘n lid van Generasie Y in Suid Afrika?

Ons voel onseker oor baie dinge – veral oor die toekoms. Ons is van kleins af beveel om bang te wees vir mekaar en alles om
ons. Ons voorgangers hou van vrees: vrees die rooi gevaar, vrees ander rasse, vrees die regering of vrees alles behalwe die regering!

Generasie Y is tot ‘n mate baie verdwaal en gryp na strooihalms. Vir party is materialisme die uitverkose strooihalm.

Vir dié lede van Generasie Y wat anhou soek na die lig aan die einde van die tonnel, word dit al hoe moeiliker omdat ons voorgangers ons prober leer om niks te bevraagteken nie en ‘n norm te vind om by aan te sluit. Hierbenewens word daar van ons verwag om dankbaar te wees vir en voort te bou op hulle “baanbrekerswerk” wat hoegenaamd nie eenheid bevorder nie en meer verwarring veroorsaak.

Wat is die oplossing?

Ander generasies probeer generasie Y breinspoel met uitgedateerde idees oor – onder andere – nasionalisme. Sonder hierdie pogings sal ons generasie spontaan almal sáám kan groei. Daar moenie van ons verwag word om voort te ploeg met vorige generasies se ou idees nie. Ons moet toegelaat word om ons eie ding te doen, eerder as om te moet sukkel as gevolg van vorige geslagte se foute waarvan die idees daaragter steeds in ons koppe ingeploeg word.

Lees ons vorige onderhoud met Emile hier.

Generasie Y voel nie dat die staat vir hul sal sorg nie.
Generasie Y voel nie dat die staat vir hul sal sorg nie.

Generation Y

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button