Local newsSchoolsSport

IN FOTO’S | TWK-skolereeks sluit af in Mbombela

Of deelnemers kop-aan-kop eindig of met minute voorloop - die vyfde resies was vol opwinding.

Die kompetisie was aan die brand by die vyfde resies van die TWK Bergfietsry-skolereeks wat Saterdag by Manekele Adventures plaasgevind het.

Hoërskool Secunda het die eerste plek behaal met 2 672 punte, Hoërskool Nelspruit het die Laeveld se naam hoog gehou met ‘n tweede plek met 2 422 punte en Hoërskool Lydenburg het derde gekom met 2 031 punte.

Die laerskole het ook nie teruggehou nie. Laerskool Secunda het die eerste plek behaal met 5 727 punte, amper 2 000 punte meer as Goedehoop Primary School wat tweede gekom het met
3 044 punte en JJ van der Merwe Primary School met 2 469 punte.

ALSO READ: Airlink Pumas secure Currie Cup semi-final spot with 52-26 win over Toyota Cheetahs

Die Laeveld staan sterk

Zianay Rademeyer.
Zianay Rademeyer.

Die Laeveld is behoorlik verteenwoordig en het die eerste plek behaal in vier kategorieë. Maya de Vries van Curro Nelspruit het die eerste plek behaal (38:03) in die Jeug-dogterskategorie. Jemma Barnard van Hoërskool Nelspruit het die eerste plek behaal (39:40) in die Junior-dogterskategorie, ‘n indrukwekkende sewe minute voor die tweede fietsryer.

Whiteriver Primary School het naam gemaak in die laerskoolafdeling. Reyneke van Heerden (22:24) en Zianay Rademeyer (24:11) het die eerste plek in die Sprogseuns- en Sprogdogters-kategorie verower.

ALSO READ: NHS lewer kragvertoning teen HTS Middelburg

Opwinding en strawwe kompetisie

Jake Prinsloo.
Jake Prinsloo.

Die fietsryers het hul beste vaardighede ten toon gestel, wat gesorg het vir talle opwindende oomblikke. Louis Coetzee van Uplands College en Daniel Willemse van Hoërskool Nelspruit het met slegs ‘n sekonde verskil onderskeidelik die vierde en vyfde plek behaal in die Sub-Junior Hoërskoolseuns-kategorie.

Die TWK-reeks dien as die amptelike uitdun- en kwalifiseringsliga vir Mpumalanga se skolefietsryers. Die topryers en die topskole van die provinsie word gekies om Mpumalanga te verteenwoordig by Skolefietsry Suid-Afrika (SCSA) se Nasionale Finaal.

ALSO READ: 3 athletes represent Lowveld with pride at Glasgow Commonwealth Games

>Foto’s: Zané Botes

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Zane Botes

Zané joined the Lowvelder editorial team in 2026, bringing with her an Honours degree in Journalism and Media Studies from NWU. She covers community and sports news, with broader interests in crime and politics. Zané’s career is driven by a simple conviction: journalism exists to give people a voice, and that begins in your own community.
Back to top button