
Is bye, miere en termiete kapitaliste, kommuniste, of sommer net sosialiste? Hulle werk almal vir n groter saak, amper soos n maatsappy, of n staat.
Die koningin is die stigter en hoof van die nes en alleen verantwoordelik vir die le van eiers, of produksie van nuwe individue. Die werkers is die grootste afdeling (kaste) en verantwoordelik vir alle werk in die nes. By bye en miere is dit gewoonlik steriele wyfies. By miere kan die kopvorm van werkers verder verskil in werkerskastes met verskillende funksies.
By termiete is daar ook n soldaat kaste, termiete met massiewe koppe en kake, wat die nes verdedig.
By hierdie insekte is die kolonie belangriker as die individu. Elke individu doen net waarvoor hy geteel is. Vergelyk dit met n fabriekswerker, sekuriteitsman of verkoopsdame by n groot maatskappy.
Sosiale insekte het miskien ontwikkel omdat sekere funksies baie meer doeltreffend in n kolonie gedoen kan word. Stel jou voor een of twee termiete moet droe gras aandra en swamtuine bou in tonnels onder die grond. En dit voordat hulle kan paar en eiers le. Of een enkele ou miertjie kom af op n massiewe kosbron soos n dooie kakkerlak?
Dit lyk dus of sosiale insekte n belangrike rol speel waar groot voedsel bronne voorkom soos droee gras, afvalkos, stuifmeel en nektar. Miere is nie verniet bekend as die beste skoonmakers in die natuur nie, of bye as die beste bestuiwers nie.
Interessant ook dat, vergeleke met die totale insek divesiteit is daar maar n klein deel wat werklik sosiaal is. Daar is wel baie individue, maar min spesies, relatief.
Kan mens n dalk een of twee stellings waag?
1. Dalk is daar net plek vir soveel groot maatskappye in die wereld.
2. Sosiale insekte speel wel n belangrike rol, maar as dit by interessante aan passings kom bring hulle n druppel in die emmer. Groot maatskappye of state kan dalk groot projekte aanpak, maar die meeste kreatiwiteit en innovasie gebeur by die individu en klein besighede!
