BlogsOpinion

‘n Week by my wyse Ouma

Ander mense gaan see toe. Ek en Rooies verdwaal die hele pad Nylstroom toe vir 'n week van wysheid by Ouma.

“Ons gaan see toe!” roep Neelsie opgewonde uit in sy rooi sweetpakkie met die twee wit strepies.

1221089

Ek kan Orkney Snork nie ‘n honderd maal kyk. Die Van Tonders se rampspoedige vakansie bly vir my skreeusnaaks. Anders as Hendrik, Maggie en die res van die gespuis, is ek onlangs met vakansie Nylstroom toe. Ek is te arm vir die see en my ouers borg my brandstof as ek vir familie gaan kuier. My ouma Nine bly in Nylstroom en ek kan ná my week in die noorde weer bevestig dat ek loshande die wysste ouma het wat hierdie aardbol kon oplewer – ‘n goeie teenvoeter vir my kop wat gereeld sy jas vat en na ‘n onbekende bestemming toe verkas. Ek vermoed daardie planeet heet Planeet Moroon.

Dit het weer gebeur toe ek en my kar, Rooies, die pad Nylstroom toe vat. Om daar te kom is ‘n eenvoudige taak – ek het ‘n GPS by my gehad, maar nog steeds daarin geslaag om drie keer te verdwaal. Die storie agter die storie is dat ek die ellendige tolhekke probeer vermy. Toe ek weer sien, is ek duskant Stoffberg met die duiweltjie op die een skouer en die engeltjie op die ander.

Alhoewel daar meer as 40 bordjies is wat teen slaggate waarsku, het die duiweltjie die oorhand gekry en ek is deur die een slaggat na die ander.

(Ek bevind myself gereeld in minder benydenswaardige situasies.  Is jy ‘n nuwe leser?  Lees meer hier.)

Ek is gespaar en het dit tot in Nylstroom oorleef, waar ek begroet is deur Ouma Nine se geyser wat langs die motorhuis lê. “Ouma is deesdae groen,” kondig sy aan en verduidelik watter vuilgoed voortaan in watter sakke sal beland. “Ja, ek het nou ‘n sonpaneel. Pasop vir dadelik in die stort klim as die warm water oopgedraai is – hierdie sonpaneel maak die water só warm dat jy sommer sal veras as jy daaronder beland.”

Die hitte pla Ouma ook erg en dit is lewensgevaarlik: “Sit ‘n waaier aan, kind.” Sy skuif die waaier tot voor my. “Só, anders gaan jy omkom van die hitte.” Ons drink toe ‘n lekker koppie tee.

“Ek het kaartjies gekoop vir ‘n optrede vanaand, jy sal moet saamgaan.” Ek het nie tred gehou met die feit dat dit valentynsdag is nie. Die dag is gevier saam met die aftreeoord se damesklub en al hulle kleinkinders wat binne ‘n 120 kilometer radius van die oord woon en graag by funksies sing. Die tema vir die aand was denims and diamonds. Ons het die vertoning bygewoon en nagereg geëet, maar nie die ses encores meegemaak nie.

Ek het vir twee dae en nagte slegs geslaap en geëet en saans om 19:00 saam met ouma kommentaar gelewer op die staatsrede.

Ons het besluit om vir ‘n aand in Magoebaskloof te gaan slaap en ‘n dag in die metropool van Polokwane te gaan inkopies doen. Daar is toebroodjies gepak en ons is Woensdagoggend vroeg daar weg. Dis toe ons in ‘n klerewinkel vashaak dat ek en ouma so ‘n bietjie onderhandel en ‘n harsingsblits haar tref, soos sy dit beskryf. “Kom ons koop eerder klere en los die Magoebaskloof-storie. Dit gaan dieselfde kos, maar die waarde van die uitgawe gaan langer hou.” Ek was te vinde vir hierdie kompromie en ons het klere gekoop dat dit klap.

Ek, Ouma en ‘n nuwe klerekas – ingevoer uit Polokwane – is toe terug Nylstroom toe.

Ouma Nine is prakties en sonder storietjies. Sy noem ‘n ding op sy naam en dink oopkop. Ek het so lekker gekuier dat ek sommer ‘n dag langer gebly het as wat ek aanvanklik sou. Teen Vrydag het ek met ‘n swaar gemoed in die pad geval. Toe ek ‘n laaste draai loop voordat ek ry, het hierdie grappie in die badkamer my lekker laat lag:

 

Ouma se humorsin - klassiek!
Ouma se humorsin – klassiek!

Nog blog-inskrywings:

Die mense in die hof…

Almal moet doodgaan, ek het solank die muns vervolmaak… 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button