
Ek was twee jaar jonger en arm(er) en nuut in Mbombela.
“Gaan bly in Steiltes,” was hulle raad.
Met my begroting kon ek slegs in mense se kelder gaan woon. Die woonstel se plafon was ‘n meter laer as wat normaalweg die geval is.
‘Die lyding is net tydelik,’ het ek gedink. ‘Jou skip sal nog kom – jy gaan mos nou hard werk.’
Die eerste werksoggend van 2013 het begin met ‘n goedvoel-CD wat ek self gesny het.
First I was afraid, I was petrified.
Kept thinking I could never live without you by my side
And I spent all those many nights thinking how you did me wrong
But I grew strong and I learned how to carry on
Die een treffer na die ander het oor die Conquest se luidsprekers gepomp terwyl ek met oop vensters deur die dorp ry. Dit was maar moeilik om aan die Laeveld hitte gewoond te raak.
Die vyfde nommertjie het my laat besef:
‘As jy bo aan Ferreirastraat bly en met Ferreirastraat by die twee bulte moet afry en net eenkeer moet linksdraai voordat jy Beacon Corner sal sien, hoekom is hier ‘n treinbrug voor jou?’
Ek was laat vir my eerste werksdag. “Ek het verdwaal, Meneer.”
“Waar bly jy?”
“In Steiltes.”
– Histerie – kliek hier vir meer.
Die Dinsdagoggend sou afskop met ‘n draffie in Virgin Active. Verdwalers moenie draaie ry voor werk nie, omdat dit die risiko vir verdwaal eksponensieel verhoog. Ek het in Rocky’s Drift geland en uiteindelik by die werk opgedaag.
“Ek dink jy moet die naweek gaan kyk hoe die dorp lyk.”
“Goed Meneer.”
I, I will survive
Long as I know how to love I know I’ll stay alive
Die musiek het geblêr en ek het Ferreirastraat verken. Dit ís toe, verbasend genoeg, een lang, reguiterige ding. Sjoe.
‘Ek het dit!’ was skaars koud toe ek ‘n verdagte branderige reukie begin ruik. ‘n Rookwolk het by my kar se radio uitgekom en ek het my motorkar skielik tot stilstand gebring.
I will surviiiive
My vingers het die radio uitgeruk en gekleurde drade wat vonk en effentjies vlam was duidelik die oorsaak van die rokerigheid.
Ek het op daardie dag besluit dat ek nie daarin belangstel om die dorp verder te leer ken nie en het konstant verdwaal totdat my werkgewer vir my ‘n kaart van Mbombela as geskenk gegee het.
Nogtans sit I’langa Mall net langs Rocky’s Drift, as jy my vra.
Can’t touch this
Het jy al probeer vriende maak in die Laeveld?
